​SATAN SE OORLOG TEEN DIE KERK

David Wilkerson (1931-2011)

Die boek Openbaring sê vir ons dat in die laaste dae, sal Satan opstaan met woede en oorlog maak teen “die oorblyfsel.” Hierdie oorblyfsel, is natuurlik die Liggaam van Christus, wat bestaan uit almal “wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou” (Openbaring 12:17).

Ons in die kerk van Christus praat dikwels oor geestelike oorlogvoering; die stryd wat beskryf word in Openbaring is ‘n wêreldwye aanval wat Satan teen die Liggaam van Christus gerig het: “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges” (13:7).

Elke gelowige doen diens in die groot leër van die Here en Satan voer sy demoniese oorlog teen hierdie leër. Die apostel Paulus sê dat op elke oorlogsfront, “voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie” (2 Korinthiërs 10:3-4).

Daar is talle “oorlogsones” in en om die wêreld. In Amerika, is Satan se oorlog teen die kerk deur die konstante stroom van sensualiteit en materialisme. Sy wapens in hierdie oorlog is liefde vir geld en verslawing aan plesier. Maar daar is ‘n ander slagveld in hierdie oorlog; die private oorlog van individuele kinders van God.

Elke gelowige op aardie beleef sy eie private stryd. Die Bybel sê, “Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar tyd ... ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede” (Prediker 3:1,8). Op die oomblik mag jy dalk ‘n tydperk van vrede beleef. Ek dank God vir sulke seisoene in die lewe, wanneer blydskap opspring. Wanneer jou tyd van oorlog kom, mag dit die stryd wees wat slegs aan jou en God bekend is.

Ons is almal bekend met die storie van Koning Dawid, ‘n regverdige man wat God getrou gedien het, maar in die sonde van owerspel verval het. Dawid het berou gehad met bitter trane en het uitgeroep tot God met angs; jy kan sy belydenis lees in Psalm 38 en veral in Psalm 69. Hy het uitgevind dat God se genade werklik genoeg was en het gesê, die Here “laat oorloë ophou” (Psalm 46:10).

In elke private konflik wat jy beleef, hou jou oë en jou gedagtes gevestig op die volgende: God se genade en liefdevolle goedheid stel nooit teleur nie.