‘N YWER VIR CHRISTUS

Nicky Cruz

“Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins” (Filippense 1:21). O, as elkeen van ons tog die ywer kon hê wat Paulus gevul het om vir Christus te lewe. Eiehandig – deur die leiding van die Heilige Gees – het hy die Christendom oral in die Romeinse Ryk versprei. Hy het nie omgegee of hy geleef of gesterf het nie, maar wou net die koninkryk van God uitbrei.

Christene het vandag ‘n valse geloof ontwikkel – ‘n geloof sonder toewyding. Ons is besig om rond te jaag na Bybelkonferensies en ontspanningsoorde om die mees welsprekende verklaarders van die Bybel uit te soek en te jaag na weeklikse Bybelstudies om ons koppe met meer omskrywings en formules te vul. Intussen sterf miljoene hartseer mense oral oor die wêreld sonder hoop. Ons is geroep om uit te reik na hulle.

Waaroor gaan toewyding alles? Dit beteken bloot om ons onsself onvoorwaardelik aan die Here en sy werk toe te wy. Ons hou by die werk voor ons, ondanks omstandighede. Dit beteken om elke Sondag ‘n Sondagskoolklas te gee – maak nie saak wat nie – en die kinders in die klas toe te laat om die belangrikste jongelinge in die wêreld vir ons te word. Dit beteken voorbidding doen vir hulle en tyd in die week te maak om uit te vind wat hulle pla.

Toewyding neem nie gerief of die veranderende emosionele buie in ag nie. Ware toewyding is iets blywend waarop staatgemaak kan word. Ongelukkig, weet die meeste Christene nie eens hoe om ten volle toegewyd te wees aan die Here nie. Hulle is te vasgevang in hul eie lewenstyl. En te veel wil in die kerk vermaak word – en is nie toegewyd nie.

Ons loop die risiko om soos die kerk van Laodicéa te word wat in die boek Openbaring genoem word – louwarm, niks-doen Christene. “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug” (Openbaring 3:15-16). Vra die Here om die gees van toewyding binne jou te vernuwe sodat jy die toegewyde dienaar sal wees wat Hy wil hê jy moet wees.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.