HERKEN JESUS IN DIE STORM

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het sy dissipels beveel om in ‘n skuit te klim wat op ‘n botsing afgestuur het. Die Bybel sê, “En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan” (Matthéüs 14:22) – wat op pad was na onstuimige waters. Dit sou rongeslinger word soos ‘n dobberende kurkprop en Jesus het dit heeltyd geweet.

Waar was Jesus! Bo in die berge waar Hy uitgekyk het oor daardie see, biddend vir die dissipels dat hulle nie die toets sou dop wat Hy geweet het hulle moes deurgaan nie. Die vaart, die storm, die slingerende golwe, die winde was alles deel van ‘n beproewing wat die Vader beplan het. Die dissipels was op die punt om die grootste les te leer wat hulle ooit sou leer: hoe om Jesus in die storm te herken.

Tot op hierdie stadium, het hulle Jesus herken as die wonderwerker, die Man wat brode en visse in wonderkos verander het. Hulle het Hom herken as die vriend van sondaars en die voorsiener van hulle behoeftes. Hulle het Hom selfs herken as die Seun van God en die Een wat hulle gewys het hoe om te bid, te vergewe, en om vas en los te bind. Maar diegene wat gedink het hulle ken Jesus regtig die beste, het Hom nie herken toe die storm getref het nie.

Dit is die wortel van baie probleme vandag. Ons vertou Jesus vir wonderwerke, glo in Hom vir ons redding en kyk na Hom om ons behoeftes aan te spreek, maar wanneer dit lyk asof alles in duie stort, is ons nooit heeltemal seker Hy is naby nie.

“En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle. Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see. En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ’n spook! En hulle het geskreeu van vrees” (Matthéüs 14:24-26). Hier lê die gevaar van wat ons almal beleef – om Jesus nie te kan sien in ons probleme nie.

Jesus nader ons altyd om Homself as die Verlosser te openbaar in die storms. Hy wil hê jy moet Hom in elke storm van jou lewe vertrou. Dit is waaroor die teenwoordigheid van Jesus alles gaan!