WANNEER GOD VERHORING UITSTEL

Carter Conlon

Om geduldig te wag vir God se verhoring van ons gebed, is nie altyd iets waarvan ons hou nie. Baie gelowiges, veral Amerikaanse Christene wil kits antwoorde hê. Ons vlees, soos die kultuur rondom ons, wil onmiddellike bevrediging hê. God werk egter dikwels in ons lewens deur die proses van uitstel.

Die Here is altyd daarin geïnteresseerd om ons volwasse te maak in ons geloof – en dinge in ons lewe te laat gebeur wat ons leer om meer soos Jesus te wees. So, as ‘n verhoring van gebed oombliklik is, is dit tot ons voordeel. Op dieselfde manier, moet ons verstaan dat God dikwels die verhoring op ons gebed uitstel om ons geestelik en fisiek tot voordeel te wees, en vir die Here se groter eer.

‘n Vader het sy besete seun na Jesus gebring om genees te word nadat die dissipels misluk het in hulle pogings om die gees uit te dryf. “Meester, ek het my seun wat ’n stomme gees het, na U gebring ... en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie” (Markus 9:17-18). Die skare was ontevrede en het die dissipels bevraagteken oor die gebrek aan krag om die seun te genees. Die dissipels kon nie verstaan waarom God nie hulle gebed verhoor en die kind genees het nie. En, uiteindelik, was die vader van die kind uitgeput en desperaat om hulp te kry vir sy geliefde seun.

God se vertraging in verhoring van gebed het almal in hierdie storie geaffekteer. Ons moet verstaan dat wanneer God die verhoring van gebed uitstel, kan ons seker wees Hy werk in die harte van al die mense betrokke by die situasie. Miskien het die dissipels daarin geroem dat hulle hierdie kind kon verlos, nie weens hulle geloof nie maar weens hulle aanname dat hulle kon doen wat Jesus kon doen. En Jesus het die gebed van die vader verhoor wat selfs net ‘n klein bietjie geglo het dat Hy kon doen wat niemand anders in staat was om te doen nie – sy seun verlos.

Die Bybel sê vir ons dat “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Johannes 8:36). Soms beteken dit om plat op jou rug te lê, een hand op te lig en te bid, “Jesus, Seun van God, dit is al wat ek het.” En Jesus antwoord, “Dit is al wat Ek nodig het!”

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.