WEGHARDLOOP IN KRISISTYE

David Wilkerson (1931-2011)

Wou jy al ooit net van alles af weghardloop? Maar waarheen sou jy gaan? En wat sou jy doen wanneer jy daar kom? Jy sal dalk verras wees as jy geweet het hoeveel goeie Christene heimlik kortstondige gedagtes koester om van alles af weg te loop. Die gedagte van om geen verantwoordelikhede en laste te hê nie, klink baie aanloklik.

Christus het ‘n doel vir sy volgelinge gestel – ‘n lewe van volkome vetroue, kinderlike geloof en oorwinning oor al die mag van die vyand – maar baie gaan steeds deur  stryd. Hoewel hulle vrede met God geniet, verduur hulle familie druk, siekte, gebroke harte en beproewings.

God verstaan ten volle die mens se impuls om weg te hardloop van krisis af. Dit is waarom Hy Israel voorsien het met vrystede waarna mense in ‘n krisis kon vlug vir skuiling en beskerming. Ses stede was opsy gesit sodat enige Israeliet wat oorweldig of in gevaar was “in een van hierdie stede kan vlug en in die lewe bly” (Deuteronómium 4:42).

In hierdie tye van benoudheid, is daar geen ander plek om na te hardloop as na die Here. “Die Naam van die HERE is ’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut” (Spreuke 18:10). Toe baie van Jesus se dissipels Hom verlaat het, het Hy na die twaalf gedraai en gevra, “Wil julle nie ook weggaan nie? En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe” (Johannes 6:67-68).

Die kind van God het ‘n plek waarheen om te vlug wanneer hy neergeboë is met bekommernis. Hoor die geroep van die Here, “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele” (Matthéüs 11:28-29).

Jy mag dalk nooit verstaan waardeur jy soms gaan nie, maar wanneer jy oorweldig, bang en verlate voel, vlug na jou binnekamer van gebed en stort jou hart uit voor die Verlosser. Doen dan soos Moses beveel het, “Staan vas en aanskou die verlossing van die HERE” (Exodus 14:13).