Geloof in Jou Onstellende Tye

David Wilkerson (1931-2011)

Van alle mense, moet God se heiliges stralende voorbeelde wees van wat dit beteken om in vrede te lewe tydens hierdie skrikwekkende tye. God het ons ‘n rotsvaste belofte vir lewe op hierdie aarde gegee, veral wanneer die vyand van ons siel probeer om oor ons te loop. “Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is was spreek: Hier is Ek!” (Jesaja 52:6).

Met ander woorde, God sê, “Wanneer jy jou donkerste beproewing beleef, sal Ek kom en ‘n woord tot jou spreek. Jy sal My hoor sê, ‘Dit is Ek, moenie bang wees nie.’”

In die Nuwe Testament, het Jesus hierdie belofte op talle geleenthede herhaal, en een van die bekendste kere was toe Hy met die dissipels, wat uit op ‘n skuit in ‘n verskriklike storm was, gepraat het. Terwyl die skuit heen en weer geslaan was deur die wind en golwe, het die paniekerige mans gesien hoe Jesus op die water na hulle toe geloop het. Die Skrif sê, “En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook!” (Matthéüs 14:26).

Jesus het dadelik met hulle gepraat, gretig om hulle vrese te besweer: “Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie” (14:27). Die woorde hou moed beteken om bly en verlig te wees. En hier in die dissipels se tyd van benoudheid, het Jesus hierdie woorde aan sy identiteit verbind. Onthou, hierdie mans het Hom persoonlik geken en Hy het van hulle verwag om met geloof op sy woord te reageer. Hy het gesê, “Die Vader het belowe dat Ek na julle in jul storm sou kom en nou het Ek gekom. Ja, dit is Ek, Jesus, hier saam met julle te midde van dit alles. So, hou moed!”

Die Here verwag dieselfde geloofsreaksie van ons in ons onstellende tye. Dink daaraan. Ons Here het nooit een keer sy volk in die steek gelaat nie. Hy dring ons om terug te kyk en te onthou hoe Hy ons keer op keer op elke geleentheid verlos het. Hy het nooit toegelaat dat die vyand diegene wat Hom vertrou, vernietig nie.

Die Here wil graag hê dat ons vervulling in Hom vind en Hom volkome vertrou. Koning Dawid het gesê, “Al my fonteine is in jou!” (Psalm 87:7), wat beteken, “Al my tevredenheid word in U gevind, Here. U alleen is die fontein van my vervulling en U is alles wat ek nodig het om vervul, bly en gelukkig te wees en vrede te hê.”