‘N GERUSSTELLENDE WOORD
Wanneer ek persoonlik ‘n mate van hoop nodig het, wil ek praat met iemand wat ek ken, iemand wat ervaring het van voortgesette verdukking en pyn. Ek wil nie iemand hê wat aan my leë, afgesaagde uitdrukkings sal bied, soos, “Byt net vas,” of “Vertrou God net” nie. My lydende siel kan nie bearbei of aangeraak word deur woorde van blote menslike simpatie nie.
Ek sal liewer met graagte vir ‘n halfuur praat met die gelowige wat my verlede week ‘n e-pos gestuur het oor hoe hy moet toekyk hoe sy vrou stadig sterf van Lou Gehrig se siekte. Terwyl hierdie man vir my die diepte van sy pyn beskryf het, het hy gesê, “God is goed. Hy dra my deur.”
Ek sal ook met graagte gesels met die Christen vrou in Indonesië wat jarelank fisieke pyn ly en een operasie na ‘n nader moet verduur. Ten spyte van haar voorgesette beproewing, prys sy God en gee sy Hom eer in alles. Hier is iemand wat beide geduld en ervaring het in die lyding wat hoop werk.
My geloof en hoop word baie bemoedig deur vriende wat ek ken wat veterane van geestelike oorlogvoering is. Ek het die talle verdrukkinge van sulke getroue vriende gesien en ek ken hulle huidige lyding, hartseer en pyn. Wanneer ek hulle skakel en vra, “Hoe gaan dit?” weet ek die antwoord voor die tyd en dit bring vir my baie hoop.
Hulle reaksies is nie vals nie. Hulle is heeltemal eerlik wanneer hulle sê, “David, ek ly regtig. Soms oorweldig die pyn my. Met tye het ek so seer dat dit my tot trane dryf”
Hierdie gelowiges verduur die vure van verdrukking. Daar kom egter altyd ‘n gerusstellende woord van hulle af: “God dra my deur. Ek weet Hy is getrou. En ek vertrou Hom. Ek weet Hy is met my.”