‘N GEVANGENE VAN CHRISTUS
Paulus het baie van sy sendbriewe aan die gemeentes geskryf terwyl hy opgesluit was in ‘n beknopte tronksel – vasgebind, verafsku, afgesny van gelowiges en skynbaar van alle bediening. Praat van pynlike toestande. Paulus het egter nooit daarvan gepraat dat hy ‘n gevangene was van sy omstandighede nie; in plaas daarvan, het hy homself ‘n “gevangene van Christus” (sien Efésiërs 3:1) genoem.
In sy sendbrief aan die Kolossense, het Paulus hierdie begeerte vir al die heiliges wat ly, uitgespreek: “Dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap” (Kolossense 1:9-11).
Dit is verbasend dat Paulus se woorde van hoop en bemoediging ‘n produk was van sy langste gevangenskap, waarskynlik in Cesaréa. Toe Paulus hierdie woorde geskryf het, het hy geen hoop gehad om vrygelaat te word nie. So ver hy geweet het, kon hy daar vir jare wees, moontlik vir die res van sy lewe.
Dit is duidelik dat Paulus vrede gemaak het met sy pynlike omstandighede.
Nêrens in hierdie brief vind ons dat Paulus die Here bevraagteken nie. Die apostel het ‘n volle geestelike kennis van God se wil betree. En hy het sy omstandighede omhels as die Here se wil vir sy lewe vir daardie oomblik. Daarom het Paulus triomfantlik aan die Kolossense geskryf, “O, dat julle mag kom tot alle wysheid en geestelike insig en kennis van God se wil vir julle.”
Kan jy jouself dit indink? Hier was Paulus in verskriklikste gevangenskap, met geen vryheid hoegenaamd nie. Tog het hy gepraat van “waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei.”