‘n Hart in Staat tot Ongeloof
Toe die kinders van Israel uit Egipte verlos is en hulle deur die Rooi See getrek het, was hulle geloof die grootste van alle tye. Hulle het gesing en gedans en die lof van God uitgejubel omdat Hy sy magtige arm van verlossing geopenbaar het. “Die HERE is my krag en my psalm ... u regterhand is verheerlik deur krag ... Die HERE sal regeer vir ewig en altoos...” (Exodus 15:2, 6, 18).
Maar die Israeliete het gou sy dade vergeet en afgewyk van sy leiding. Hulle het teruggekeer na twyfel en ongeloof, en die hemelse Vader kon dit nie glo nie. “Maar die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel. Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?” (Númeri 14:10-11). Wat ‘n diepsinnige uitroep uit die hart van God. “Wat moet Ek doen om ‘n volk te kry wat my ten volle sal vertrou?”
Net soos in Moses se tyd, strompel God se volk vandag blindelings voort in ongeloof, terwyl hulle skynbaar glo dat die genade van God hulle vrystel van die straf van sonde. Maar die Woord maak dit duidelik dat selfs volgelinge van Christus ‘n hart kan besit wat in staat is tot ongeloof, “Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie...” (Hebreërs 3:12). Dit praat nie van ontaardes hier nie; dit praat met gelowiges. “Broeders, pasop, omdat julle ‘n hart van ongeloof kan hê – binne-in julle!”
Die Skrif sê, “Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou” (Hebreërs 3:14). Sommige van God se kinders verloor vandag die onwrikbare vertroue wat hulle eens gehad het weens ernstige toetsing. Jesus het gewaarsku oor vuurproewe van geloof wat sy wederkoms onmiddellik sal voorafgaan maar moenie terugval in vrees en ongeloof nie.
“Die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word” (1 Petrus 1:7). Hoewel jy deur beproewings sal gaan, moenie toelaat dat jou geloof afneem as gevolg van die vuur nie. In plaas daarvan, laat toe dat jou geloof gelouter word. Om heilig gemaak te word. Verdra die tydelike swaarkry vir ‘n ewige seën. Die God wat jy dien, het jou lief en kan vertrou word om jou deur enige toets te dra!