‘n Hongersnood van die Siel

David Wilkerson (1931-2011)

Daar is ‘n verskriklike hongersnood in die land vandag. Nie ‘n hongersnood van kos nie maar een van menslike nood. Menigtes mense smag na liefde en toenadering; na vrede en tevredenheid; na doel en vervulling. Die woord hongersnood beteken eintlik “uiterste skaarste, onversadigbare honger, enige soort hongersnood.” Dit som die leegheid baie goed op wat so baie mense beleef in hierdie laaste dae.

‘n Eenvoudige en Bybelse manier uit wanhoop en geestelike hongersnood, word gevind in een woord – hoop. Hoop is ‘n toenemende innerlike geloof dat wat jy nodig het moontlik is. “Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik” (Matthéüs 19:26).

Hoop is die versekering dat alle dinge vir jou ten goede sal meewerk op God se tyd. “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Romeine 8:28). Jy mag dink jy is verdoem tot wanhoop, maar God het belowe om reg aan jou te doen, op sy tyd, op sy manier.

Hoop is ‘n vertroue in die aangesig van geen sigbare bewyse nie; vertroue wat sê, “Ek sien dit nog nie, maar ek gaan God nou al begin dank en prys. Hy het reeds vir my voorsiening gemaak.” Dit is ook ‘n volkome vertroue dat God ten spyte van al die teëstand, om jou onthalwe sal optree en jou onwrikbaar hou. “Die HERE ken die dae van die opregtes ... en in dae van hongersnood sal hulle versadig word ... want die HERE ondersteun sy hand” (Psalm 37:18-19,24).

Sal daardie hongersnood wat jy beleef jou skei van Christus se liefde? Nooit! “Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie” (Romeine 8:38,39).

Jesus het jou so lief dat Hy jou nooit sal teleurstel of faal nie. Kom met eerlikheid na Hom toe met hoop in jou hart en sê vir Hom, “Here, U gaan my deurdra en my verlos met u krag. Ek prys U daarvoor.”

Tags