‘N KOMPLOT VAN ONDERBREKINGS

David Wilkerson (1931-2011)

Ons hoor baie van komplotte in ons samelewing – planne met die doel om beide die demokrasie in Amerika en Christenskap te vernietig. Die hart van God is nie bekommerd oor sulke komplotte nie, maar daar is net een komplot waaroor ons hemelse Vader bekommerd is. Dit is satanies en dit is gemik op Christene wat hulle harte daarop ingestel het om die volheid van Christus te betree.

Die duiwel is vreesbevange vir Christene wat honger en dors na geregtigheid; trouens, hy vrees biddende heiliges meer as enigiets anders. Elke demoniese owerheid wat sit in hoë plekke sidder wanneer hulle die geroep hoor van gebroke kinders van God. So, ons moet weet dat die siel wat uitroep na verdieping in Christus, die middepunt van Satan se komplot van onderbrekings sal wees.

Satan sal alles in sy vermoë doen om gelowiges uit die binnekamer te hou. Hy laat enigeen en enigiets vir ons belangriker lyk as ons tyd met die Here. So, wat is die oplossing? Ek glo God het my gelei om die volgende stappe te neem om my gebedstyd te beskerm:

  • Maak gemeenskap met die Here jou hoofdoel in die lewe. Job het gesê, “Die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet [noodsaaklike voedsel]” (Job 23:12). Gebed en die bestudering van God se Woord kan nie opsioneel wees nie.
  • Beskou jou afsprake met God meer belangrik as afsprake met mense. Wanneer ons toelaat dat onderbrekings tussen ons en ons tyd met die Here kom, waardeer ons Hom nie soos ons moet nie.
  • Verwerp elke onderbreking wat binne jou beheer is en oefen geestelike gesag uit oor daardie onderbrekings wat jy onderskei bonatuurlik is. Sommige onderbrekings is ons eie skuld, maar ons moet heeltyd bewus wees dat Satan kan en sal saamsweer om ons op bonatuurlike maniere te onderbreek.

Dank God, ons is nooit uitgelewer aan die vyand se genade of enige van sy planne nie. Ons kan die woord van geloof spreek en met vrymoedigheid na sy troon van genade gaan om op die regte tyd gehelp te word in ons tyd van nood.