‘N OES VAN GOUD-RYP GELOOF

David Wilkerson

Jesus het vir sy dissipels gesê, “Die lande is wit vir die oes.” Die oes is ‘n insameling van siele in die laaste dae en die wet van die oes is hoe donkerder die dae, hoe witter die oes. Tans is baie siele gereed vir die oes dwarsdeur die wêreld.

Maar daar is ‘n ander oes in hierdie laaste dae. Die Here het profeties gepraat oor wat Hy in ons tyd vooruitgesien het: ‘n oes van goud-ryp geloof in die harte van Sy kinders. Ons Here wil getoetse, lydende kinders hê wat sal opstaan te midde van benoudheid en moeilikheid en verklaar, “Ek vertrou My God!”

Jesus verwag nie geloof van die wêreldse skares nie. Toe Hy hardop gewonder het, “Sal ek geloof vind op die aarde wanneer Ek kom?” het Hy nie van sondaars gepraat nie. Maar ons wat Hom liefhet word ook vertel, “Hy wat op die HERE vertou – met goedertierenheid sal Hy hom omring (Psalm 32:10). God beloof Sy goedheid is “weggelê . . . vir die wat U vrees, in die teenwoordigheid van mensekinders” (31:20).

Ek kan saam met die Psalmis David sê, “Ek ken swaarkry, baie lyding, finansiële nood, die hartseer van die dood van geliefdes, die laster van diegene wat teen my gedraai het. Ek ken persoonlik pyn. Daar was tye wat ek gedink het dinge was hopeloos. Tye van versoeking. Tye van gehuil totdat daar geen trane meer oor was nie.”

Sommige van my lyding was selfopgelê en veroorsaak deur onkunde of dwaasheid. Maar nou kan ek met vrymoedigheid getuig: God het my nooit in die steek gelaat nie. Deur al die moeilikheid, pyn en lyding, het ek deurgekom met blydskap en ‘n sterk vertroue in die goedheid en getrouheid van die Here. Hier is die getuienis wat Hy begeer om te hoor van al Sy beproefde kinders: “Wees bly in die HERE en juig . . . En jubel, alle opregtes van hart! ” (32:11).

Ons juig in die getrouheid van ons Here.