‘N OORVLOEDIGE LEWE

Gary Wilkerson

“’n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar ‘n betroubare boodskapper is ‘n gerusstelling [genesing]” (Spreuke 13:17).

‘n Betroubare boodskapper bring wat? ‘n Getroue boodskapper bring genesing!

Hoe bring iemand genesing? Bring ‘n ongesonde mens genesing? Bring ‘n gekrenkte hart of iemand wat nie met sy eie hart se toestand gedeel het nie genesing vir ander? Wat van iemand wat sukkel met emosies wat buite beheer is? Bring daardie soort sendeling ‘n gesonde evangelie in ‘n vreemde land? Na ‘n stad soos die een waarin jy woon?     

As ons sê, “Ons is sendelinge...” is my begeerte dat ons gesonde sendelinge sou wees. Dat ons genesing sou bring; dat ons betroubare boodskappers sou wees.

Laat ons dink aan waaroor ons getrou sal wees. Ja, om die evangelie aan die wêreld rondom ons te bring en, ja, om diegene in nood te help. Maar die eerste ding waarin ons getrou moet wees, is die toestand van ons eie hart. Ons moet daarin groei om ‘n sterk en gesonde hart voor die Here te hê.

Verlang jy nie daarna nie, my vriend? Smag jy nie daarna om genees en heilig en gesond te wees en ‘n sterk geestelike gesondheid aan die binnekant te hê nie? Wens jy nie jy kan in die oggend wakker word en lewe en blydskap en vrede en die oorvloed hê wat Jesus belowe het nie?

Hy het gesê, “Ek het gekom om jou lewe en middelmatigheid te gee, sodat jy sleg kan lewe en ‘n gekrenkte lewe kan leef . . . en kwaad . . . en bekommerd.” Wag! Is dit wat Jesus gesê het? Of het hy gesê, “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê ” (John 10:10)?

‘n Oorvloedige lewe! Gesondheid! Vol! Lewenskragtig! Sterk! Dapper! Ons behoort te strewe om Christene te word wat besef dat hierdie krag spruit uit ‘n hart wat genees is, wat gesond- en heelgemaak is in Hom, en in Hom alleen.