‘n Tyd om te Ween en ‘n Tyd om te Veg
Soos ek deur die Ou Testament lees, vind ek dat my geloof baie bemoedig word deur die voorbeeld wat Dawid gestel het. ‘n Verskriklike ramp het hierdie man getref en het veroorsaak dat sy lewe bedreig was deur diegene wat die naaste aan hom was. Ek staan verstom deur Dawid se vasbeslotenheid om ‘n woord van God te kry in moeilike tye.
Hier is die toneel: Dawid en sy bende van 600 lojale mans was op die vlug van Koning Saul, wat probeer het om hom dood te maak. Op een stadium het die klein leër laer getrek in ‘n dorpie genaamd Siklag, waar hulle hul families gevestig het. Van daar af het hulle uitgegaan om oorlog te voer, terwyl hulle hul vroue en kinders veilig agtergelaat het.
Na een geveg, het Dawid en sy leër ‘n drie-dag reis terug huistoe gemaak toe hulle dorpie skielik deur die Amalekiete geplunder is. Hierdie kwaai vyand het die families van Dawid en sy manskappe weggevoer en die hele dorp afgebrand. Stel jou voor die toneel toe Dawid se leër teruggekeer het: “Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer” (1 Samuel 30:3).
Hierdie magtige helde moes stomgeslaan gewees het toe hulle ontdek wat gebeur het. Dit was so skielik en katastrofies dat hulle nie alles kon inneem nie. Ek stel my voor hulle het verwonderd en verwilderd rondgeloop en hartseer uitgeroep, “Hoe kon dit gebeur? Waarom sou God dit toelaat?” “Daarop het David en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie” (1 Samuel 30:4, kursief myne).
Hierdie toneel van Dawid se lewe wys ons daar is sekerlik ‘n tyd om te ween wanneer ellende toeslaan. Die Skrif beskryf Dawid se soldate as “helde,” wat impliseer dat hulle geharde mans was wat nie gehuil het nie. Maar hierdie rampspoedige gebeurtenis het hierdie sterk mans hartroerend laat huil.
Verder was dit geen klein ramp nie. Dit was nie net die verlies van huise, beeste en gewasse wat Dawid se helde laat ween het nie; hulle sou gou daaroor kom. Dit was eerder die groot gevaar vir hulle geliefde vroue en kinders wat hulle siele deurboor het. En wat op hierdie toneel gevolg het, kon selfs meer rampspoedig vir Dawid wees: “En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd” (1 Samuel 30:6).
Ek glo dat deur al die druk en chaotiese gebeurtenisse wat vandag in die wêreld aangaan, vernietig God gierigheid, hebsug en trots. Ek is oortuig Hy kon nie langer toelaat dat seksuele losbandigheid die siele van ‘n hele geslag vernietig nie. En ek glo dat huwelike tussen dieselfde geslag ‘n flitspunt van God se wraak geword het.
Die tydperk in die geskiedenis wat Jesaja beskryf, is een vol geween, vrees en bewing. Tog het die Here vir Jesaja ‘n woord van versekering vir sy mense gegee: “Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos” (Jesaja 35:3–4, kursief myne).
Die Here het in wese gesê: “Versterk die wat moeg is. Bou diegene op wat swak is tussen julle. Bemoedig almal wat bang en vol angs is. Vertel vir hulle, ‘Dit is nie nodig om bang te wees nie. Dit is alles die Here se werk. En daardeur gaan Hy sy mense bewaar. Hy doen dit om julle te red.’”
Geliefde, selfs die mees goddelike onder ons se hart bewe soms en vrees kom soos ‘n skielike rukwind oor ons, wanneer ‘n verskriklike krisis kom. Op so ‘n tyd, is dit nie ‘n sonde om ‘n skielike oomblik van diepe angs te hê nie. Inderdaad, toe die Here sy woord aan Jesaja gegee het, het hy seker gemaak dat almal wat oorweldig gevoel het oor die vreesaanjaende situasie, nie daardeur vernietig is nie. Hy wil hê dat elke moeë, hartseer hart moet hoor: “Vrees nie! Wees vol moed, want die Here is ‘n Verlosser vir sy mense.”
Daar kom ‘n tyd waarin alle geween moet eindig. Dit is wanneer God se mense in staat is om bokant hulle hartseer en elke ernstige onheil uit te styg en hulle veggees terug te kry. In die Nuwe Testament, weerklink Hebreërs Jesaja se woorde: “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word” (Hebreërs 12:12–13).
In wese, is die betekenis hier: “Moenie bly lê nie. Staan op en veg vir jou geloof. Oefen jou vertroue in die Here. Moenie moed verloor oor seer, bewende knieë nie. In plaas daarvan, hou aan met hardloop. As jy ingee aan vrees en bekommernis, sal jou geloof lamgelê word.”
Beskou die verlammende reaksie van Dawid se leër op hulle teenspoed. Nadat hierdie magtige helde klaar geween het, het hulle woedend geword. Hulle het Dawid geblameer dat hy die ramp toegelaat het. Hulle was so uit lit uit, so verbitterd oor die verskriklike teenspoed, dat hulle begin het om klippe op te tel om hom te stenig.
Na my mening, is dit presies wat die meeste mense tans oor die huidige ekonomiese teenspoed doen. Baie word verblind deur hulle woede. Hulle kyk links en regs en vra, “Wie moet blameer word vir hierdie ellende? Gooi hulle in die tronk!”
Ek dring by elke volgelinge van Jesus aan: Vergeet van hoe ons daar gekom het. Vergeet wie verantwoordelik is. Bo alles, vergeet van jou eie persoonlike bedenkinge: “As ek net dit of dat gedoen het, sou my finansies in orde gewees het.” As jy aan sulke gedagtes vashou, sal jou vrees in woede of een of ander ander verlammende, afbrekende gees verander. Nee! Die Here het ‘n ander rigting bedoel vir al jou energie. Sy Woord vertel vir ons, “Nou is die tyd om te veg vir jou geloof!”
Beskou Dawid se reaksie op sy teenspoed: “Dawid het homself versterk in die HERE sy God” (1 Samuel 30:6). In plaas daarvan om toe te gee aan sy vrees, het Dawid besluit om sy vrese te beveg. Ek glo hy het dit gedoen deur te onthou van al God se vorige verlossings in sy lewe. In sy jong lewe, het Dawid ‘n beer en ‘n leeu doodgemaak en die groot reus Góliat neergefel. Nou het hy onthou van al daardie gevegte en die baie ander wat hy oorwin het. Elke oorwinning het plaasgevind as gevolg van sy onwrikbare geloof.
Dawid het gesê, “Ek het ‘n woord van die Here nodig.” Hy het geweet niemand kon hom bemoedig nie — nie sy priester Abjatar nie, nie die wyse kapteine onder sy bevel nie en inderdaad geen ander raadgewer nie. Dawid moes ‘n direkte woord vir homself kry van die Een wat hom verlos het van elke teenspoed wat hy beleef het.
Geliefde, dieselfde is waar vir jou en my vandag. Daar is eenvoudig niemand op die aarde wat jou siel uit wanhoop kan red nie. Niemand kan jou siel vol moed hou regdeur die duur van jou krisis nie. Ons moet almal ons eie woord van die Here ontvang. Net soos Dawid, word ons geroep om onsself te versterk deur God se vorige verlossings in ons lewens in herinnering te roep. En ons moet ook onthou van daardie tye waarin God vrugbaar bewys is in vorige geslagte.
As die preke wat jy van jou predikant of pastoor hoor geseënd is, sal dit lewe in jou voortbring. Die prediking van God se Woord sal altyd sy heiliges bemoedig. Net so, sal gesamentlike aanbidding jou vir ‘n tyd lank bemoedig. Maar hoe vinnig vergeet ons daardie bemoediging nadat die Sondag diens verby is. Soos Maandag en Dinsdag verbygaan en die nuus al slegter word, val ons dikwels terug in aanvalle van angs en vrees.
In normale tye, is ek in staat om raad van my goddelike vrou, Gwen te kry. Sy is altyd daar om vir my ‘n goeie woord te gee, net wat ek nodig het. Ek voel teenoor haar soos Dawid toe hy vir Abígail gesê het, “Kyk, ek het na jou geluister” (1 Samuel 25:35). Maar dinge kan verander in ellendige tye. Wanneer ons geloof bedreig word — inderdaad, wanneer ons lewens bedreig word — kan die raad van huweliksmaats, pastore en wyse vriende ‘n mens net só ver help.
Vandag leef ons in sulke vreesaanjaende tye, wat min van ons ooit geken het. In der waarheid, slegs ‘n persoonlike woord van die Here kan ons deur sulke tye lei met die blywende hoop wat ons nodig het. En God was nog altyd deur die geskiedenis getrou om ‘n woord aan sy mense te verskaf.
In die Ou Testament lees ons hierdie frase oor en oor: “Die woord van die Here het gekom” Die Skrif sê van Abraham: “Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abraham gekom” (Génesis 15:1). Ons lees van Josua: “Volgens die woord van die HERE wat Hy Josua beveel het” (Josua 8:27). En so het dit met Dawid en die profete ook gegaan. Ons lees van hulle, “Die woord van die Here het gekom tot...”
Vir God se mense vandag, het ons die inwonende Heilige Gees om ‘n woord uit die hemel tot ons te spreek. Deur Hom is die vertroostende, genesende, leidende woord van die Here beskikbaar vir almal wat op Hom vertrou.
Beskou die 600 soldate wat Dawid gevolg het. Hulle het die woord wat God vir hulle leier gegee het, gehoor. Maar daardie woord moes individueel ‘n werklikheid gemaak word vir elke soldaat. Dit moes iets wees wat deur God gespreek is tot hulle elkeen se eie gees, sodat hulle kon begin terugveg.
Net so, glo ek vandag dat die uitdaging vir elke gelowige is om in die Skrif te bly totdat die Heilige Gees dit laat lyk asof God se beloftes van die bladsy af opspring vir hulle persoonlik. Ons kan weet wanneer dit gebeur omdat ons die stil, sagte stem van die Gees sal hoor fluister: “Hierdie belofte is joune. Dit is God se Woord wat net aan jou gegee is om jou deur die moeilike tye te dra.”
Ek is oortuig dat jy nie die stryd van die geloof kan stry sonder om die gerusstellende stem van die Here vir jou te hoor nie.
Toe Dawid sy veggees teruggekry het, het hy vir iets, wat bekend was as die skouerkleed, gevra. Dit was ‘n soort kledingstuk waarin twee stene was wat in die priester se borsplaat gehou is. Soms het die Here deur die skouerkleed gepraat. En Dawid was vasbeslote om ‘n woord van leiding van die Here te kry.
“En Dawid sê vir Abjatar, die priester...Bring tog die skouerkleed vir my hier. Daarop het Abjatar die skouerkleed na Dawid gebring. En Dawid het die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek dit inhaal?” (1 Samuel 30:7–8, kursief myne).
Kyk mooi na wat Dawid hier gedoen het. Nadat hy geween het en nadat hy sy veggees herwin het, het hierdie man dadelik op sy knieë gegaan. Die Here het hom die woord van leiding gegee wat hy nodig gehad het: “En Hy sê vir hom, Agtervolg: want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred” (30:8, kursief myne). God se leiding aan Dawid was, “Gaan voort. Jy sal oorwin.” Met ander woorde: “Veg voort!”
In net die volgende vers lees ons, “Daarop het Dawid weggetrek, hy met die seshonderd man wat by hom was” (1 Samuel 30:9). Dawid het vinnig op die woord gereageer wat God aan hom gegee het. Tog, wonder ek, hoe het Dawid geweet waarheen om te gaan? Watter rigting het hy geweet om te neem sodat hy almal kon uitred?
Ek glo daar was ‘n woord wat agter Dawid gefluister het, “Dit is die weg, wandel daarin.” En geliefde, dieselfde is waar vir ons vandag. Baie kerke sing die opbouende evangelie lied, “He Will Make a Way,” en ons Here doen net dit. Jy sien, Hy het ‘n plan gereed gehad vir elkeen van ons voor ons huidige teenspoed gebeur het. En sy plan is steeds aan die werk, selfs deur al die onrus wat ons beleef.
Ek is oortuig dat die woord wat Dawid oor en oor in sy gedagtes bepeins het, was, “Jy sal sekerlik uitred.” Dawid het ten volle geweet dat hy nie sy huis in Siklag sou kon terugkry nie. Nie een van sy manskappe sou hulle huise, hulle tuine en hulle besittings kon terugkry nie. Daardie dinge was alles weg. Nee, al wat hulle sou terugkry, was die veiligheid en sekuriteit van hulle families.
Sien jy die ooreenkoms met ons eie tyd? Hierdie mans kon nie ‘n vorige lewenstyl terugkry nie. Hulle was nie op die punt om terug te gaan na dieselfde stil, rustige dae wat voorheen so vredevol was nie. Daardie “goeie ou dae” was nou geskiedenis.
Maar dit is nie wat vir Dawid en sy 600 helde saak gemaak het nie. Al waaroor hulle begaan was, was hulle families — alles wat waarlik vir hulle saakgemaak het — sou veilig wees. Hulle sou dalk saam met hulle vroue en kinders in tente moes leef. Maar God het hulle verseker dat hulle veilig sou wees.
Geliefde, die Here gaan nie vir ons verduidelik hoe Hy vir ons geliefdes sal voorsien nie. Hy gaan nie vir ons wys hoe Hy ons veilig gaan hou in die slegste tye nie. Sy weë is so ongewoon en ondenkbaar dat ons dit nooit in ’n leeftyd sal kan uitwerk nie.
Vir Dawid, het sy verlossing deur ‘n onwaarskynlike bron gekom: ‘n sterwende jong Egiptenaar. Hierdie dienskneg was half dood toe Dawid hom in die woestyn gekry het en hom kos en water gegee het. Toe Dawid vir die jongman vra, “Wie is jy?” dink ek God het gefluister, “Dawid, hy is jou verlossing.” Hoe onwaarskynlik, hoe wonderbaarlik is sy weë! Dit was hierdie amper dooie Egiptiese seun wat die weg vir Dawid se leër gewys het om die vyand se laer te vind. Kortliks, God het ‘n naamlose seun gebruik om sy mense te lei om alles terug te kry.
Ten slotte, laat my jou weer aan Jesaja 35:4 herinner: “Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.”
Terwyl die wêreld onder God se wraak is — wanneer alle dinge lyk of dit totaal buite beheer raak — is God in die proses om ons te red. Hy gebruik selfs die chaos van wêreld gebeurtenisse om sy verlossing teweeg te bring. Hy is getrou om te red en om sy mense deur elke ramp te bewaar.