‘N UITWAARTSE FOKUS

Gary Wilkerson

Nogtans het julle goed gedoen toe julle deel gehad het in my verdrukking. En  . . . toe ek van Macedónië vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen. Want ook in Thessalonika het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur. Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening . . . En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus” (Philippians 4:14-20).

As Christene, dink ons dikwels aan vrygewigheid; ons beplan oorvloedig en gee oorvloedig aan ons familie, ons huweliksmaats, ons vriende, ons bure, en aan ons kerk en ander liefdadigheid. Maar Paulus het hieroor gepraat in die konteks van ‘n geheim – ‘n geheim dat sommige mense nie die krag van vrygewigheid ken nie.

Paulus het in wese gesê, “Ek het nooit die die geskenk gesoek wat julle vir my gegee het nie. Ek het nog altyd die ding gesoek wat ek sien aan die werk is in julle wanneer julle dit vir my gee.”

Sien julle die verskil daar? Hy kon gesê het, “Daardie $50 wat julle vir my gegee het, sal vir my maaltye koop vir drie weke. Prys God!”

Ek is seker hy was seker dankbaar daaroor, maar weet jy wat deur sy gedagtes gegaan het? Hy het gedink, “Prys God! Die evangelie werk in julle omdat julle nie meer selfgesentreerd is nie. Julle leef nie in vrees of hou dinge vir julleself nie. Julle leef nie eens meer in verdeeldheid teenoor mekaar nie. Julle gee vir mense! Julle lewe julle lewe met ‘n uitwaartse fokus en doen dinge wat julle nooit sou gedoen het as die evangelie nie in julle harte wortelgeskiet nie.”