‘N VERLANGE IN GOD SE HART

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus vertel ‘n storie van ‘n jongman wat sy deel van sy vader se erfenis geneem het en dit op ‘n losbandige lewe gespandeer het. Hy was op die ou end bankrot, geruïneer in gesondheid, sowel as gees, en hy was by sy grootste laagtepunt toe hy besluit het om terug te keer na sy vader se huis. Die Skrif sê, “En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen” (Lukas 15:20).          

Niks het hierdie vader se vergifnis vir die jongman gekeer nie; die seun hoef niks te gedoen het nie, want sy vader het reeds voorsiening gemaak vir versoening. Hy het dadelik na sy seun gehardloop en hom omhels toe hy hom op die pad sien aankom het. Vergifnis is in werklikheid nooit ‘n probleem vir enige vader nie. Net so, is dit nooit ‘n probleem by ons hemelse Vader as Hy ‘n berouvolle kind sien nie. Maar inherent in sy vader se omhelsing, was sy verlange vir sy seun om herstel te word. Hy wou sy kind se geselskap, sy teenwoordigheid, sy gemeenskap hê.

“Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het … laat ons toetree met ’n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid” (Hebreërs 10:19-20,22).

Gelowiges is goed bekend met die menslike kant van Christus se werk op Gólgota – vergifnis van ons sondes, die krag van oorwinning oor alle slawerny en natuurlik, die belofte van die ewige lewe. Maar daar is nog ‘n voordeel van die kruis en dit is die blydskap wat Hy kry wanneer Hy ook al ‘n verlore kind in sy huis ontvang.

Geliefde, die werklike hartsaak van hierdie gelykenis van die verlore seun, het min te doen met die tuiskoms van die seun en meer te doen met die blydskap van die vader by sy terugkeer. En so is dit met ons liefdevolle hemelse Vader. Sy hart is vol blydskap wanneer ons met vrymoedigheid sy teenwoordigheid binnegaan vir gemeenskap met Hom.