‘N VISIOEN VAN DIE KINDERS

Nicky Cruz

Die afgelope paar jaar het God vir my ‘n visioen van die toekoms gegee. Hy het vir my ‘n tyd gewys wanneer die Heilige Gees in die stilte van die nag sal beweeg en ons kinders sal opwek soos nog nooit tevore nie. Hulle sal wees soos die jong seun Samuel in die Bybel wat na die priester Eli toe gehardloop het, omdat hy nie die stem wat in die nag met hom gepraat het geken het nie (sien 1 Samuel 3). Ek sien hoe hierdie kinders verskrik na hulle ouers se slaapkamers hardloop in die nag, sonder om te besef God self met hulle praat.

God roep ons kinders om ‘n verskil te maak. Hy weet dat baie van hulle ouers nog nie hulle lewens, hulle tyd, en hulle energie – hulle hande en voete en gedagtes en harte – ten volle oorgegee het aan Sy beheer nie, daarom roep Hy die kinders van ons tyd om die leemte te vul.

My boodskap aan die ouers van hierdie kosbare kinders is dit: Moenie hulle keer nie! Dit is God self wat hulle roep. Dit is Sy vuur, Sy Heilige Gees wat die weg voorberei vir die grootste verandering wat ooit in die wêreld gaan plaasvind.

So baie jongmense is rusteloos, moeg om kerk toe te gaan waar alles dieselfde roetine is. Hulle wil die Heilige Gees in aksie sien. Hulle wil alles van Jesus nóú beleef!

“En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom” (Handelinge 2:17).

 

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run