‘N WATERDIGTE BELOFTE

David Wilkerson (1931-2011)

Terwyl ons in geloof op God wag om op te tree, moet ons vertrou dat Hy die uitroep van ons hart hoor: “Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld, die profete wat in die Naam van die Here gespreek het...dat die Here vol medelye en ontferming is” (Jakobus 5:10-11). God het innige medelye met ons trane en gesug. Hy hoor my geween.

Jesus het vir ons ‘n waterdigte belofte vir hierdie laaste dae gegee.

Christus het vir ons ‘n heerlike belofte nagelaat om ons te dra deur die donder dae wat die wêreld nou beleef. Hy sê vir almal wat hulle kruis opneem en Hom volg: “Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel” (Openbaring 3:10).

Jesus sê in wese, “Jy het getrou gebly toe jy getoets was deur die wêreld. Jy het met blydskap op My gewag om dinge uit te werk. Nou, terwyl daar verwarring oral is en die wêreld getoets word, sal Ek jou daarvan bewaar. Jy het reeds bewys dat jy My sal vertrou, maak nie saak wat gebeur nie!”

Die skitterende getuies van Christus in hierdie laaste dae, sal nederige mense wees wat Hom getrou bewys het. Nie net verklaar hulle, “God het alles onder beheer” nie, maar hulle het Hom werklik toegelaat om beheer van hulle lewens oor te neem. En almal rondom hulle sal dit sien! Die wonder van hulle getuienis sal baie na die Here toe trek. En hulle getuienis is dit: “Hy vrees nie vir slegte tyding nie; sy hart is gerus, vol vertroue op die Here” (Psalm 112:7). Amen!