“HERE, GEE MY GELOOF”
Toe Jaïrus, die owerste van die sinagoge, hoor dat sy geliefde dogter gesterf het, het hy een laaste toets van sy geloof beleef: Hy was geforseer om die dood in die oë te kyk. Verbeel jou die chaos en verwarring in sy huis toe hy en Jesus daar opgedaag het. Ek sien Jaïrus se vrou in sy arms val en uitroep, “Waar was jy? Dit is te laat. Ons kosbare dogter is dood!”
Soos dit die gewoonte was in daardie tyd, het betaalde, professionele roubeklaers op die toneel geween en gehuil. Toe Jesus egter dit alles sien, het Hy vir die skare gesê, “Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap” (Markus 5:39). Wat was hulle reaksie? “En hulle het Hom uitgelag” (Markus 5:40).
Geliefde, hierdie toneel illustreer wat die Here van ons almal vra. Ons moet reguit na ons plek van verwarring gaan, waar die dood, verskrikking en bespotting ons aangluur en ons moet Sy woord gehoorsaam: “Moenie vrees nie, glo net!”
Ons weet nie of Jaïrus se geloof sterk was en of sy hart met vrees verpletter was nie. Ons weet net dat almal verbaas was oor wat volgende gebeur het. Jesus het die dooie dogter aan die hand geneem en gesê, “Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op! En die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop” (Markus 5:41-42).
Ons moet onsself keer op keer aan Jesus se woorde herinner – te midde van hopeloosheid en dood, wanneer alle moontlikhede verby is en niks meer gedoen kan word nie: “Moenie bang wees nie. Glo net.” Jy mag dalk sê, “Maar wanneer ek ly, het ek nie die krag om te glo nie. Ek is te swak, te oorweldig.” Selfs na baie jare sedert ons die Here ontmoet het, sal ons onsself kry waar ons steeds bid, “Here, U moet geloof binne-in my sit. Ek kan nie op my eie glo nie.” Weet egter dat die Heilige Gees getrou is om daardie werk te doen. Hy sal nooit faal om dit te doen nie. Ons moet staan op God se Woord – ten spyte van alle pyn en hartseer, ten spyte van alle swakheid van die vlees, net soos Jaïrus die vrou met bloedvloeiing gedoen het.