“MOOI SO”

David Wilkerson (1931-2011)

In hierdie brief aan die Efésiërs, moedig Paulus almal aan om die volste maat van die evangelie van Christus na te jaag: “Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus...Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus...En die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God” (Efésiërs 4:7 en 13; 3:19).

Let op die woord “volheid” in hierdie gedeeltes. Die Griekse woord wat Paulus hier gebruik, beteken “om die opdrag te voltooi om tot bo vol te maak.” Dit is die taak wat God aan ons gegee het: om die volheid van Christus se seëninge in ons lewens na te jaag.

Beskou die ontsaglike maat van Christus se seën in Paulus se lewe, hierdie man wat openbarings van Jesus persoonlik ontvang het. Natuurlik het Paulus geweet dat hy nie volmaaktheid bereik het nie maar, hy het ook sonder twyfel geweet dat daar niks in sy lewe was wat die vloei van Christus se seën verhinder het nie.

Dit is waarom Paulus kon sê, “En ek weet dat as ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom” (Romeine 15:29). Hy het ‘n heilige vrymoedigheid gehad in sy wandel met Christus. Hy het gesê, “Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê” (Handelinge 24:16). Hy het in wese gesê, “My lewe is ‘n oop boek voor die Here. Ek het geen verborge sonde in my hart nie en Hy het geen twis met my nie. Sy seën op my is ‘n aanhoudende vloei van openbaring, so wanneer ek vir julle preek, hoor julle nie die woorde van mense nie, julle hoor die woorde uit God se hart uit.”

Jy sien, die volheid van Christus se seën het baie min te doen met materiële dinge. Terwyl goeie gesondheid en aardse hulpbronne seëninge uit God se genadige hand is, praat Paulus hier van ‘n baie groter seën – God se aanbeveling - sy “Mooi so.”