“NIEMAND SKITTER HIER NIE!”

David Wilkerson

Hoewel ons organisasie baie moderne, hoë-tegnologie metodes gebruik, kry ons nie ons leiding van hierdie “bedieningsgereedskap” nie. Ons bring ons ure op ons knieë deur en soek die Here vir leiding in elke area van bediening.

Vandag het “kundiges” die leisels van die kerk oorgeneem. Sonde word gesien in sielkundige terme en ‘n siekte genoem. Profete van heiligheid word vervang met sielkundiges en maatskaplike werkers wat die nuutste mensgesentreerde kliektaal praat en altare word vervang met beradingskamers. Jesus word onttroon en Freud word verhef!

Baie jare gelede, het God my gelei om ‘n bediening te begin vir dwelmverslaafdes en alkoholiste. Met geen geld of hoe-om boeke nie – slegs totale afhanklikheid van die Heilige Gees – het ons ‘n bordjie in ons kantore gehad wat gelees het: “NIEMAND SKITTER HIER NIE – SLEGS DIE HEILIGE GEES!” Tydens ons kapeldienste, het ons gebid, “Here, ons hulp kom van nie sielkunde af nie, maar van die Heilige Gees. Ons kan nie met die kop werk, tensy U die hart verander nie!”

Nicky Cruz, een van die eerste bendelede wat ons teëgekom het in New York Stad, was ‘n moordenaar in sy hart. ‘n Sielkundige het belangstelling getoon in sy geval en na ‘n volle dag saam met hom, het hy besluit dat Nicky onverbeterbaar en hopeloos was. (Min het hierdie man geweet, dat Nicky dit geniet het om alle “kopdokters” te verwar!)

Jesus het egter ander planne gehad vir Nicky! By ‘n altaar, het Christus in vyf minute bereik wat die kundiges gesê het onmoontlik was. God het ‘n pyl in sy hart ingeskiet, ‘n pyl van waarheid wat uitgeroep het: “Nicky, Jesus het jou lief!”

Binne ‘n oomblik is Nicky se hart van klip vervang met ‘n hart van vlees. Hy het gehuil en almal rondom hom omhels omdat hy bonatuurlik verander is deur die krag van God, nadat die samelewing se kenners hom afgeskryf het!

Oor laaste veertig jaar, het ek met ontsteltenis gekyk hoe die kerk stadig maar seker Christus van die troon afgehaal het en die wysheid van die wêreld op die troon geplaas het. Maar Jesus moet weereens die krag agter God se mense word.