BID EN MOENIE MOED VERLOOR NIE

Gary Wilkerson

“En Hy het ook aan hulle ’n gelykenis vertel met die oog daarop dat ’n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie, en gesê: Daar was ’n regter in ’n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie. En daar was in daardie stad ’n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty. En ’n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen.”

“Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?” (Lukas 18:1-8).

Met hierdie gelykenis het Jesus sy dissipels ‘n belangrike beginsel van gebed geleer. Hy het hulle nie net vertel van gebed nie, Hy het deur die impak van hierdie gelykenis, vir hulle die leefstyl van volhardende gebed gewys. Hy het begeer dat hulle die lewe van gebed wat Hy hulle geleer het, duidelik begryp.

Wanneer ons probeer om te bid, voel baie van ons lus om moed op te gee binne die eerste paar minute. Die eerste halfuur mag dikwels ellendig voorkom, maar Jesus wys ons in hierdie gelykenis dat daar ‘n beloning is as ons nie ophou nie. Daar is ‘n seën wat God vir sy mense wil gee.

Jesus se woorde is geskryf vir ons bemoediging en opbou en is net so werklik vir ons vandag as wat dit was vir sy dissipels. Hy moedig ons aan om nooit moed te verloor nie, want gewoonlik raak ons te gou moedeloos. Net as die deurbraak op die horison is, hou ons op met bid. Maar as ons sal volhard met die wedloop tot by die eindpunt, sal ons God se bedoelde seën ontvang.