Breek Deur die Dooie Gevoel
Die vroeë kerk het nie net in die versoeking gekom om gevoelloos te raak vir die verdraaiings van die wêreld rondom hulle nie, maar ook die moontlikheid van gevoelloosheid teenoor God. Hulle kon uit gewoonte aangaan, hul liedjies sing, hul preke preek, hul tiendes en offers gee, hul maaltye saam geniet, maar die teenwoordigheid van God kon nog steeds ontbreek het in hulle byeenkomste.
Die mees skrikwekkende aspek hiervan is dat dit kan gebeur en skaars raakgesien word. As jy jou kerkgeskiedenis ken, sal jy weet dat daar ‘n stilte van 400 jaar was tussen die boek Maleági, die kleiner profete, en die boek Matthéüs.
Daar was ‘n lang seisoen waarin dit gelyk asof God stil en die vensters van die hemel toegesluit was, terwyl die kerk bloot uit gewoonte voortgegaan het. Van buite af, het hulle ‘n kragtige godsdiens gehad. Hulle het baie getrou en godvresend gelyk, maar hulle het die hart en wat dit regtig beteken om ‘n volgeling van God te wees, kortgekom. Toe kom Christus, God in die vlees, na die mensdom en baie van hulle het Hom ook gemisgeloop.
Maar sommige van hulle het na die Bovertrek gegaan, en hulle het gewag dat God se krag sou neerdaal, en dit het in die vorm van die Heilige Gees en tonge van vuur gekom. Hierdie gesalfde gelowiges het skielik die aandag getrek.
“En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek” (Handelinge 2:4, AFR53) en diegene wat dit gehoor het, het gesê: “Ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek” (Handelinge 2:11).
Te midde van ‘n gebroke kultuur en ‘n dooie kerk, het die Gees begin werk. Dit is in die donkerste uur wanneer die Heilige Gees sy helderste lig skyn. Skielik was daar ‘n derde opsie. ‘n Mens kon aansluit by ‘n groep mense wat ‘n duidelike verskil in die wêreld sou maak.