DAT EK GOD MAG KEN
God het vir Moses ‘n skrikwekkende aanwysing gegee: “Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met ‘n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: en Ek sal ‘n engel voor jou uit stuur . . . want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy ‘n hardnekkige volk is” (Exodus 33:1-3).
Die volk van God het heeltemal buite beheer geraak weens wellus en afgodery (sien Exodus 32:25). Goud het hulle God geword en al wat hulle wou doen, was om te dans, te speel en hulle wellustige aptyte te bevredig. Slegs die seuns van Levi het opgestaan vir die heiligheid van God.
Die Here moes Homself van hulle af verwyder “anders sal julle op die weg verteer word” maar steeds het Hy vir hulle gesê, “Ek sal vir hulle gee wat Ek belowe het.” So kon hulle aanspraak maak op al hulle regte en sy beskerming — maar nie op sy teenwoordigheid nie.
Ons sien dieselfde ding vandag. Menigtes van God se volk gaan voort met hulle vraag na beloofde regte terwyl hulle die heilige, oortuigende teenwoordigheid van Christus kortkom.
Ek dink niks kan erger wees as om die volgende van die Here te hoor nie: “Gaan verder na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, maar Ek sal nie saam met julle gaan nie” (see Exodus 33:3).
Moses wou baie meer hê as ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Hy wou die Here se teenwoordigheid ken en beleef! “dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind” (Exodus 33:13). Dit is geen wonder nie dat hierdie kosbare dienskneg van God sy geslag van sonde oortuig het! Geen wonder daar was soveel heerlikheid op sy gesig nie. Hy wou net die Here ken, om in sy teenwoordigheid te bly.
Vandag bemoedig ek jou om die voorbeeld van Moses te volg. En mag ons almal saamstem met Paulus, wie se hart uitroep, “Dat ek Hom mag ken” (Filippense 3:10).