DEEL IN GOD SE EIE BLYDSKAP
“Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê” (1 Johannes 4:11). Die liefde vir mekaar wat hier beskryf word, is nie ‘n blote bladskud, ‘n vinnige drukkie of gevleiery nie. Nee, hierdie soort liefde sien mekaar se behoeftes raak en doen iets daaromtrent. Trouens, volgens Johannes, as ons ons broers in nood sien en niks doen nie, is die liefde van God nie in ons nie.
“My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid” (1 Johannes 3:18). Dit is duidelik dat om mekaar lief te hê, God behaag, maar dit is onmoontlik om ander lief te hê totdat jy rseker is van God se liefde vir jou. Johannes skryf, “God is liefde, en hy wat in die liefde bly, bly in God en God in hom” (4:16). Ons kan eenvoudig nie ander liefhê totdat hierdie waarheid diep in ons vasgelê is nie: “Ten spyte van al my swakhede en mislukkings, het God my lief!” As jy oortuig is van God se liefde vir jou, sal sy liefde natuurlik uit jou stroom.
As ons ‘n wrok hou teen ‘n broer of suster, besit ons nie God se liefde nie. Trouens, as ons vergifnis van mekaar weerhou, weerhou God vergifnis van ons. So, liefde is nie net iets om oor te praat nie. Dit is ‘n saak van doen, optree, lewe.
As jy God werklik wil behaag, sal die Here jou oë oopmaak vir die behoeftes van diegene rondom jou. Selfsugtige Christene wil nie hierdie soort liefde vir ander ken nie. Die gawe van barmtigheid word slegs gegee vir die wat dit nastrewe en bid daarvoor. Die Gees van Christus sal jou laat oplet na die behoeftes van ander, en jou laat uitroep, “Broer, suster, laat my jou help. Ek wil saam met jou staan in hierdie moeilike tyd.” God sal vir jou een persoon in nood na ‘n ander stuur – tog sal dit nie ‘n las wees nie. In teendeel, dit sal jou verheug, omdat jy in God se eie blydskap sal deel!