Aan Ons Toegereken

David Wilkerson (1931-2011)

Ons sal nooit vrygespreek of aanvaar word as heilig en regverdig voor God nie, tensy ons voor Hom staan met Christus se volmaakte geregtigheid as ons eie. Dit is immers die enigste geregtigheid wat God ooit sal erken. So, hoe kan ons Christus se volmaakte geregtigheid ontvang?

Die hemelse Vader reken dit aan ons toe deur geloof. “Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke” (Romeine 4:6). Paulus haal Dawid aan waar hy sê: “Die rykste, mees geseënde, mees vredevolle mens op aarde, is die een wat verstaan dat volmaakte geregtigheid aan hom toegereken word sonder werke!”

Die woord toereken beteken “om te reken of te ag, te beskou, om iets aan ‘n mens toe te reken wat hy nie het nie, om sy rekening daarmee te krediteer”. Toe Jesus Sy geregtigheid aan ons toegereken het, het God dit beskou as ons eie. Nee, ons het dit nie verdien nie. Christus het dit alles gedoen en Hy krediteer dit na ons rekening!

“En hy [Abraham] het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee...Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken. Maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom toegereken is nie, maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word” (Romeine 4:20, 22-24).

Hierdie geregtigheid moes aan ons toegereken word. Dit is nie ons s’n deur ingieting nie. Met ander woorde, God giet dit nie bloot in ons in nie. Nee, dit is nooit óns geregtigheid nie; dit het niks te doen met wat ons gedoen of bereik het nie. Dit is altyd sy geregtigheid, aan ons toegereken aan ons rekening gekrediteer.

Hierdie toerekening kom deur geloof alleen. Ons kan nie daarvoor werk or dit enigsins verdien nie. Liewer, weens ons geloof in Jesus en Sy verlossingswerk, skryf die Here die geregtigheid van Christus aan ons toe, en ons word gereken as volmaak in Hom. Dit is ‘n volmaakte geregtigheid wat uit geloof is en nie uit werke nie:

* “Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees...” (Romeine 4:16).

* “Want met die hart glo ons tot geregtigheid” (Romeine 10:10).

* “En die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie” (Romeine 3:22).

Geliefde, deur ons sonde te bely en geloof in Hom te hê, staan ons voor God met ‘n toegerekende geregtigheid.

 
Child smiling - More Hope in 2025

You Can Bring Real Hope

 

In 2024 millions have been ministered to online. Thousands of disciples have been made. Hundreds of churches have been planted. Dozens of communities have been transformed both spiritually and physically. This is the power of the gospel at work through your financial partnership with World Challenge.