David Wilkerson (1931-2011)

“Geveindes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af” (Matthéüs 15:7-8).

Ek wil met jou praat oor dinge wat jou aandag aflei tydens gebed en aanbidding, veral in die huis van God. Jesus praat van mense wat in Sy teenwoordigheid kom met lofprysing in hulle monde, maar wie se gedagtes en harte elders is. Hy praat direk met hulle en sê: “Jy gee vir My jou mond en jou lippe, maar jou gedagtes is elders. Jou hart is baie ver van My af!”

Wat van jou? Heel waarskynlik is jy in God se huis vir ‘n uur elke week. Jou liggaam is in sy kerk, maar waar is jou gedagtes? Jou mond sê: “Ek aanbid U, Here”, maar is jou hart ‘n duisend myl weg? Waarheen neem jou gedagtes jou tydens aanbidding en lofsang?

Raak jy ingedagte oor familieprobleme of ‘n besigheidsaak wat jou pla? Hoeveel word jou aandag afgetrek tydens daardie uur in die kerk terwyl die gemeente tot God se majesteit nader?

Dit is gevaarlik om God se huis te betree en ligtelik Sy teenwoordigheid binne te kom. “Toe sê die Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik” (Levitikus 10:3).

Die Here het in wese vir Aäron gesê: “Ek mag nie behandel word soos ‘n gewone mens nie. As jy my teenwoordigeheid gaan betree, moet jy geheilig voor My kom. Almal wat My heiligheid nader, moet dit doen met omsigtigheid en bedagsaamheid weens my heerlikheid en majesteit”.

As jou hart nie op aanbidding ingestel is nie en jou gedagtes nie onderwerp is aan gehoorsaamheid aan Christus nie, kan jy net sowel ‘n strooipop in jou sitplek laat sit. Ten minste is dit eerliker as om God se huis binne te kom sonder jou aandag of jou hart!

En die rede waarom talle Christene nie in die kerk met krag, opwinding en ywer aanbid nie, is omdat hulle geen intimiteit met Jesus by die huis het nie. Diegene wat geleer het om in privaatheid te aanbid en op Jesus te fokus, bring hulle eie vuur; ‘n vuur aangesteek in die afgesonderde binnekamer van gebed! Ware aanbidders kan nie wag om by die kerk te kom om die Here te midde van sy kinders te loof en te prys nie.