Alles Begin by Liefde

Gary Wilkerson

Ons almal weet dat Jesus die Groot Opdrag vir ons gegee het: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen” (Matthéüs 28:19-20, AFR53).

Nou, die Opdrag wat ons hier het, is baie vurig en baie passievol, maar dit is ook nie baie spesifiek nie. Dit is slegs soort van “Gaan en maak dissipels, leer hulle en lei hulle op om alles te onderhou en oral deur die wêreld te gaan en al hierdie verskillende dinge te doen.”

Paulus het dus probeer om duidelik te maak wat ons moet doen. Meer as om ‘n program of sisteem op te bou, wou Paulus ‘n mens opbou. Daar is ses aspekte van dissipelskaplewe waaroor ons kan leer in deel een van Paulus se brief aan Timótheüs. “En as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Loïs en in jou moeder Eunice, en wat – daarvan is ek oortuig – ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande. Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Timótheüs 1:5-7).

Daar is ses dinge in hierdie verse wat my opval:

Nommer een, ons kan uit hierdie gedeelte af agterkom dat daar liefde gesmee was. Die tweede een is ‘n geloof wat opreg is. Die derde een is ‘n vlam wat aangeblaas kan word. Die vierde is ‘n vreesloosheid wat uit geloof spruit. Nommer vyf is ‘n die volg van ‘n patroon. Nommer ses is ‘n gemeenskap van vuur.

Hierdie ses dinge wat ek hoop jou hart sal opbou om daardie soort dissipel te word wat Jesus so graag vir jou en my wil hê en wat ek glo ook jou begeerte is.

Hoe ons ‘n dissipel begin word of hoe ons ‘n dissipel maak, begin nie met krag of gesag of ‘n werk nie. Die eerste aksie in die lewe van ‘n dissipel van Jesus Christus is om mekaar lief te hê. “En nou bly geloof, hoop liefde – hierdie drie; maar is grootste hiervan is die liefde” (1 Korinthiërs 13:13). Begin deur mekaar net lief te hê.