By God se Oorwinning Aankom

Gary Wilkerson

Rigters 7:1 sê vir  ons dat Gideon en sy 32 000 manne op die punt was om oorlog te voer teen die Midianiete wat meer as 100 000 soldate gehad het. Hulle kanse was nie goed nie.

God het vir Gideon en sy manne gesê: “As een van julle moeg of radeloos of moedeloos of bang of bevrees is, wil ek hê julle moet huis toe gaan” (sien Rigters 7:3).

Ons sien dat 22 000 huistoe gegaan het en 10 000 oorgebly het, en die Here het vir Gideon gesê: “Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan – dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek vir jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie – dié mag nie gaan nie” (Rigters 7:4, AFR53).

Op daardie stadium het God Gideon se leër verminder tot 300 teenoor 100 000!

“En Gideon het gekom by die Jordaan, en hy en die 300 man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg” (Rigters 8:4). Laataand met net 300 soldate oor, het Gideon na die kamp van die Midianiete gegaan en twee Midianitiese soldate hoor praat. Die een soldaat het vir die ander gesê: “Kyk, ek het 'n droom gehad: Daar rol ‘n hard gebakte garsbrood in die laer van die Mídianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar! En die ander een het geantwoord: Dit is niks anders nie as die swaard van Gídeon nie...” (Rigters 7:13-14)

Wat hy gehoor het, het so 'n bemoediging vir Gideon se siel gebring dat hy begin glo het dat hy hierdie stryd kon wen. Wat is sy reaksie? “Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid” (Rigters 7:15).

Gideon het begin aanbid! God se doel om ons na 'n plek van oorwinning te bring te midde van ons stryd, te midde van ons pyn, is dat ons Jesus Christus verhef en aanbid. God soek nie net die oorwinning in jou lewe om jou te help in jou finansies, om jou te help om werk te kry, om te help met jou huwelik nie. Hy sal jou natuurlik help met al daardie dinge, maar wat God regtig wil hê, is 'n volk wat Hom aanbid.