Bewaar deur die Here van die Leërskare

David Wilkerson (1931-2011)

Ou Testament gelowiges het God geken op ‘n manier waarvan ons baie min weet.  Hulle het Hom geken as die Here van die Leërskare! Daar word na God verwys met hierdie naam meer as 200 keer in die Ou Testament. Hierdie majestueuse titel weergalm dwarsdeur die psalms.

-       “Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons” (Psalm 46:8, AFR53).

-       “O HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U” (Psalm 89:9).

-       “HERE, God van die leërskare, hoor my gebed” (Psalm 84:9).

-       “Wie is dan die Erekoning? Die HERE van die leërskare – Hy is die Erekoning” (Psalm 24:10).

Die Hebreeuse woorde vir “leërskare” is tsbaah; wat beteken “’n leër gereed en reg vir oorlog.”

In 2 Kronieke, trek die Assiriese leer teen Koning Hiskia en Juda op. Hiskia was min gepla toe ‘n wreedaardige leër hulle omsingel en het vir God se volk gesê: “Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte vwat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom. By hom is ‘n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woord van Jehiskia, die koning van Juda” (2 Kronieke 32:7-8).

Die Ou Testament heiliges het gerus in hulle visie van ‘n almagtige God wat ‘n leër vir hulle beskerning byeengeroep het. Dawid het geroem: “Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende, die HERE is onder hulle...” (Psalm 68:18).

Ons sal nooit onsself kan beskerm teen onheil in ons eie krag nie; ons voer nie oorlog teen Satan in ons eie krag nie. Die Here van die leërskare moet ons beskerm. Dawid sê in Psalm  121:5: “Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand” en hy het onthou van God se liefde en beskerming wat vir alle gelowiges hoop gee: “Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek. Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my” (Psalms 18:16-17).

Dwarsdeur die Skrif, word ons verseker: “Aan Hom wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe die heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen” (Judas 1:24-25).