Die Evangelie van Wat Jesus Gedoen het

Gary Wilkerson

Ek het grootgeword in ‘n Pinksterkerk waar die predikant elke Sondag ons koppe gewas het oor verskeie sondes wat ons óf gedoen het, óf aan gedink het óf binnekort sou doen. Hy het ons geleer dat elke keer wanneer jy sondig, verloor jy jou saligheid; daarom moes jy na die altaar kom en jou lewe weer vir Jesus gee.

Dit word die verkondiging van die wet genoem, en dit was vol moets. Jy moet. Jy moet dit doen. Jy moet dat doen. Jy moenie dit doen nie. Jy moenie dat doen nie.

Toe ek ‘n tiener in die 70’s was, het ek ‘n beweging in die kerk opgemerk. Dit het wegbeweeg van hierdie wet van “jy moet” na ‘n nuwe charismatiese beweging van “jy kan.” Jy kan dit doen. Jy kan voorspoed hê. Jy kan enige droom droom. Jy kan enigiets kry wat jy wil hê. Jy kan dit net noem en daarop aanspraak maak. Jy kan alles wees wat jy wil wees, en God is daar om jou by te staan.

Terloops, die rede hoekom jy gered wil word, is omdat God jou liefhet en ‘n wonderlike plan vir jou lewe het. As jy kerk toe kom en hoor dat die prediker vir jou sê: “God het jou lief” en jy dink” “Uitstekend, want ek het myself ook lief!” Dan sê hy: “God het ‘n wonderlike plan vir jou lewe” en jy sê: “Mooi, want ek het ook wonderlike planne vir my lewe! Hierdie God klink of Hy van groot hulp kan wees, ‘n wonderlike assistent vir my agenda om myself baie lief te hê en ‘n wonderlike plan vir my lewe te hê.” Sulke mense woon kerke by, gebaseer op ‘n vals evangelie.

Gedurende daardie tyd, het ons wegbeweeg van ‘n “evangelie” wat gesê het: “Jy moet dit doen, en jy moenie dat doen nie, na ‘n “evangelie” wat sê: “Daar is niks wat jy nie kan doen nie. Dit gaan alles steeds net om jou!”

Dit maak nie saak na watter kant toe hierdie sogenaamde “evangelie” beweeg nie, dit is steeds ‘n mengesentreerde evangelie.

Die evangelie is nie “jy kan” nie. Die evangelie is nie “jy moet” nie. Die evangelie is “Jesus het.” Wanneer jy dit aanvaar, is jy uiteindelik by ‘n plek waar die opstandingskrag van Jesus jou kan optel en sy geregtigheid in jou en deur jou kan begin werk.