Die Gees van Smekinge
Die woord "smekinge" (sien Sagaria 12:10) word in die Bybel net gebruik om 'n uitroep of gebed aan te dui wat uitgespreek word. Met ander woorde, dit is nie privaat of meditatief nie; smeking het met die stem te doen.
Die Hebreeuse woord vir smeking dui op "'n olyftak toegedraai met wol, of 'n soort lap, geswaai deur 'n smeker wat vrede of oorgawe soek". Dit is “takke van smeking” genoem. Eenvoudig gestel, dit was vlae wat in die openbaar 'n kreet van totale, onvoorwaardelike oorgawe beteken het.
Stel jou 'n strydmoeë soldaat voor, verslete en uitgemergel, moeg en oorweldig, vasgevang in 'n jakkalsgat van eiewilligheid. Hy is alleen, uitgeput en afgetakel, sowel as raadop. Hy breek 'n tak van 'n boom af en bind sy wit onderhemp daaraan vas, lig dit op en kruip uit sy jakkalsgat en roep: “Ek gee oor. Ek gee op!"
Dit is smeking. Dit sê: “Ek gee oor. Ek kan nie meer hierdie stryd stry nie. Ek is verlore en moedeloos”.
Smekinge is nie net om God aan te roep om te doen wat jy wil nie. Dit is nie smeek en pleit by Hom om jou in jou planne by te staan nie. Inteendeel, dit is 'n totale prysgee van jou wil en jou manier.
Eeue lank het Christene God aangeroep terwyl hulle vol eiewilligheid gesmeek en geroep het: "O God, stuur my hierheen, stuur my soontoe, gee my dit, gee my dat". In die laaste dae gaan die Heilige Gees met groot krag uitgestort word om 'n gevoel van geestelike bankrotskap te veroorsaak. Ons sal wakker word met die feit dat selfs met al ons geld, kennis, programme, bedieninge en planne, het ons nog nie eers hierdie wêreld aangeraak. Die kerk het in werklikheid grond verloor het en swak en jammerlik geword het.
Daar moet oorgawe wees! Ons geween moet gepaard gaan met 'n bereidwilligheid om alles in ons lewe wat anders is as Jesus Christus te laat vaar. Hierdie volgende gebed demonstreer waaroor ware smeking gaan: “Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê. Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig meer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid” (Daniël 9:17-18, AFR53).