Die Here is Jou Beskermer

David Wilkerson (1931-2011)

’n Spannende Ou-Testamentiese verhaal in 2 Konings 6 illustreer die beste wat dit beteken om deur die krag van God bewaar te word. Bénhadad, koning van Aram, het teen Israel oorlog verklaar en met 'n groot leër teen hulle opgetrek. Soos sy magte gevorder het, het hy gereeld sy krygsraad bymekaargeroep om die volgende dag se strategie te beplan. Die profeet Elisa het egter aangehou om 'n boodskap aan die koning van Israel te stuur en elke beweging van die vyandelike troepe uiteen te sit. Trouens, by verskeie geleenthede het die Israeliete ’n nederlaag vrygespring as gevolg Elisa se waarskuwings.

Bénhadad was woedend en het sy dienaars byeengeroep. “Wie openbaar ons planne aan die koning van Israel? Wie is die verraaier?” “En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer die koning, maar Elisa, die profeet wat in Israel is, kan die koning van Israel die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek” (2 Konings 6:1-2, AFR53).

Bénhadad het dadelik 'n aantal perde, strydwaens en soldate gestuur om Elisa te vang. “Gaan en bring hom na my toe”, het hy beveel. Hulle het daardie nag gegaan en die stad omsingel, met die bedoeling om die ou profeet te verras. Elisa se dienskneg het vroeg wakker geword, en toe hy sien dat "daar 'n leër was wat die stad met perde en strydwaens omsingel" (sien 2 Konings 6:15), het hy verskrik na Elisa gehardloop en uitgeroep: "Ag, my heer, wat sal ons doen?"

Elisa het vol vertroue geglimlag en geantwoord: “Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is. En Elisa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elisa” (2 Konings 6:16-17).

Soos die psalmdigter, kon Elisa te midde van krisis staan en met absolute sekerheid sê:

- “Ek sal nie vrees vir tienduisende mense van mense wat rondom teen my gereed staan nie” (Psalm 3:7).

- "Al word ‘n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ‘n oorlog teen my my op, nogtans vertrou ek” (Psalm 27:3).

- “Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my” (Psalm 55:19).

Kom ons bid soos Elisa gedoen het: "Here, maak ons oë oop dat ons die berge vol perde en strydwaens van vuur kan sien, 'n leërmag van die Here van die leërskare!”