Die Kerk van die Laaste Dae

David Wilkerson (1931-2011)

Ek glo God se visie vir sy laaste-dag kerk is gebaseer op sy geopenbaarde Woord. Die Bybel skets duidelik hoe die kerk van Jesus Christus sal wees net voor Hy terugkeer.

Die kerk in Amerika is ver van wat God dit wou hê. Hele denominasies werk vandag merendeels sonder die Heilige Gees. Hulle is sonder die teenwoordigheid van Jesus en bankrot op die gebied van geestelike gawes. Hulle beoefen 'n vorm van godsdiens sonder enige krag, oortuiging of reddende boodskap. Hulle is knus met die wêreld en is meer polities as geestelik. Hulle praat sonde goed en bespot die bonatuurlike sonder om te mense to leer van die hemel, hel, bekering en oordeel.

Die Nuwe Testamentiese gelowiges het duiwels laat sidder. Hulle het tronkdeure oopgebid en heersers laat ineenkrimp van vrees. Hulle het in die bonatuurlike geglo; hulle het blinde oë oopgemaak, dowe ore oopgesluit en allerhande siektes genees. Hulle het selfs die dooies opgewek!

Ek glo dat God se laaste-dag kerk selfs groter as die eerste-eeuse kerk sal wees. Dit sal sterker wees met 'n groter begrip van Jesus. God bewaar altyd sy beste wyn vir laaste. Die profeet Daniël bevestig dit. Hy het gesê dat sekere profetiese waarhede verborge was, net om in die laaste dae geopenbaar te word. “Want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe. …en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan” (Daniël 12:9-10, AFR53). 

Vandag openbaar die Heilige Gees hierdie dinge aan geestelike, oordeelkundige gelowiges. “Maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God” (1 Korinthiërs 2:9-10).

Die Here is besig om 'n nederige, maar magtige leër van herders na sy eie hart voor te berei en 'n kerk van honger skape wat hulle bekeer het van die doodsheid en sonde van die moderne kerk. Die toneel word gedek vir daardie kerk wat warm sal wees, nie lou nie; en dit sal die fondamente van die hel skud. Geen mag op aarde sal dit kan ignoreer of minag nie.