Die Salomo Kerk

David Wilkerson (1931-2011)

“En Salomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en die HERE sy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak” (2 Kronieke 1:1, AFR53).

God se kerk vandag is deur Hom versterk en geseën. Daar is voorsiening gemaak vir allerhande prestasies. Dink aan die groot, pragtige kerke wat regoor die land gebou word. Miljoene word bestee aan uitsendings, boeke, bande, CD's, sendings, instellings, kolleges en allerhande bedieninge. Toe al hierdie werke begin het, het elkeen iets van God se salwing gehad. Die meeste het begin met dieselfde seëninge wat God oor Salomo uitgestort het.

Salomo was goed georganiseerd en baie be sy pa, Dawid. Hy het alles groter en beter gedoen as wat enige vorige generasie ooit kon uitgedink het. Die dryfveer agter Salomo was wysheid en kennis. Hy het vir God gevra: “Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?” (2 Kronieke 1:10).

Is dit nie 'n wonderlike gebed nie? Dit klink so goed, en God was bly dat Salomo nie vir selfsugtige gewin gevra het nie. Nietemin, daar is 'n probleem. Hierdie gebed is hoofsaaklik mensgesentreerd. Hierdie talentvolle, selfversekerde koning het in wese gesê: “Gee my net die gereedskap, God, en ek sal die werk gedoen kry. Gee my wysheid en kennis, en ek sal alles in orde bring onder hierdie volk. Ek sal dit alles bewerkstellig!” 

Salomo se gebed was nie die gebed van sy pa, Dawid, 'n man wat na God se eie hart was nie. Nee, Salomo se gebed was dié van 'n nuwe generasie, 'n opgevoede volk met nuwe idees en vaardighede. Sy uitroep was "Ek het wysheid en kennis nodig". Ek glo Salomo verteenwoordig die gees en aard van die laaste-dag Laodicense kerk. Hierdie kerk is op pad na dieselfde bouval wat Salomo beleef het.

Salomo het 'n kop vol wysheid en 'n mond vol liedere gehad. Hy kon met ongelooflike vaardigheid preek en onderrig. Hy het 'n goed georganiseerde operasie en talentvolle leiers gehad. Alles aan sy kerk het ordentlik en in orde gelyk, maar alles wat Salomo gedoen het, het geëindig met die frase: “Dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind” (Prediker 1:14). Die Salomo-kerk glo dat hulle die antwoorde het. Dit lyk fantasties aan die buitekant, maar dit is absoluut leweloos van binne, en dit eindig in ydelheid, afgodery, sensualiteit, leegheid en wanhoop. Geliefdes, laat ons nie daar beland nie!