Die Voltooide Muur

David Wilkerson (1931-2011)

Dikwels sal Satan jou aanval om ‘n groot werk van die Here stop te sit. Hy sal vyande laat saamsweer, net om jou werk te verhinder. Hulle sal verenig teen jou saamspan en probeer om die bedienaar te diskrediteer om ‘n einde te maak aan die bediening.

Nehemia was deur God geroep om die mure van Jerusalem te herbou. Die werk het wonderlik gevorder met die mure wat voortdurend opgegaan het. Toe, skielik, het Satan ‘n byenes oopgekrap om dit alles te keer. Vier prominente leiers het verenig in ‘n komplot teen Nehemia: “Hulle het gemeen om my kwaad aan te doen” (Nehemia 6:2, AFR53).

Hierdie leiers het vier keer ‘n strik gestel. Hulle het vir Nehemia geskree: “Klim van jou muur af. Ons wil vergadering hou met jou. Ons dring daarop aan om met jou te praat!” Vier keer het Nehemia geantwoord: “Ek gaan nie van hierdie mure afklim nie! Ek het werk om hier te doen omdat God my aangestel het om dit te doen!” (Sien Nehemia 6:3).

Geliefde, jy kan nie daarby betrokke raak om met mense te argumenteer net omdat hulle wil argumenteer nie. Dit is alles beplan om jou aandag af te trek. Jy moet voortgaan met God se werk!

Die rede waarom Satan jou kom aanval in jou gebedslewe, jou toewyding aan God en jou wandel met Hom, is nie net om jou te laat val nie. Hy wil ook die bediening wat God vir jou gegee het, verwoes. Hy wil enigiets wat jy doen, wat God verheerlik, vernietig!

Hierdie vier BBPs het ‘n reeks gerugte teen Nehemia begin. Hulle het beweer: “Jy doen dit vir jouself, nie vir God nie!” Een van hulle, Tobia, het lasterlike briewe na ander leiers in Israel gestuur. Al die laster, komplotte en strikke was ontwerp om vrees in Nehemia se hart in te boesem met die hoop dat hy moedeloos sou word en wegloop. Nehemia het die komplot opgesom in vers 13: “Daarvoor was hy gehuur, dat ek bang sou word en so sou maak en sonde doen, sodat dit hulle as slegte gerug kon dien om my smaadheid aan te doen”.

Maar nie een van hierdie strikke kon die werk van God keer nie! Die Skrif sê: “En die muur is voltooi...En toe al ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bevrees geword en neerslagtig gevoel, en hulle het erken dat hierdie werk deur onse God gedoen is” (Nehemia 6:15-16).