Die Weë van God Ken

David Wilkerson (1931-2011)

Ons staan voor 'n tyd waartydens die woord "bevryding" 'n heel nuwe betekenis sal kry. In die verlede het Christene aan bevryding hoofsaaklik as fisiese genesing gedink. Binnekort sal die grootste verlossing egter van vrees en verskrikking wees.

Bevryding op daardie tydstip sal beteken om ’n “seker woord uit die hemel” te hê. Jesus het gesê dat mense se harte hulle sal begewe van vrees as hulle die verskriklike dinge oor die aarde sien kom (sien Lukas 21:26). Mense sal ons inderdaad roep om te weet wat God volgende gaan doen. Hulle sal alle rigtings inslaan en die stem wil hoor van iemand wat kalm, vreedsaam is en nie mal word nie. Hulle sal huil, “Vertel my asseblief! Is dit God se oordeel? Wanneer gaan dit alles eindig?”

Wie dink jy gaan die antwoorde hê? Dit sal jy wees, die gewone Christen wat saam met God afgesonder het. Jy sal vol kalmte en vrede wees terwyl alles uitmekaar val, want God is met jou en jy hoor uit die hemel. Hy het jou gewaarsku dat dit kom, en Hy het belowe om jou te beskerm.

Ek glo God gaan sy kinders in hierdie laaste dae gebruik om menigtes op te wek, pastore te verkwik en kerke wakker te maak. God sal ons gebruik om mense se harte na God terug te draai deur hulle tot bekering te bring deur gebed en goddelike teregwysing van sonde.

As ek praat van 'n heilige oorblyfsel besig met opleiding, bedoel ek nie 'n leër van predikers, evangeliste en sendelinge nie. Ek praat van gewone liefhebbers van Jesus wat met vrede en kalmte ander na Hom wys. God wil nie 'n professionele leër hê wat opgelei is in die mens se metodes nie. Hy wil manne en vroue hê wat deur die Heilige Gees in gebed opgelei is. Hy soek gelowiges wat tyd saam met Hom deurbring, hulle harte voorberei en leer om sy stem te hoor.

Beskryf dit jou? Is jou lewe 'n getuie van 'n bang en vreesbevange wêreld? Ek moedig jou aan om alleen tyd met God deur te bring en Hom met jou te laat praat. Vra Hom om die sonde in jou lewe te openbaar. Stel jouself beskikbaar vir Hom deur jouself aan gebed te wy. Deur die tyd wat jy saam met Hom deurbring, sal jy gereed wees om in die voorste linies te staan en sy liefde aan die wêreld te verkondig!