Die Woord Geskryf op Harte

Carter Conlon

Toe Afro-Amerikaanse en vooruitdenkende wit pastore in Alabama regstreeks na die dienste vanaf Times Square Church gekyk het, was hulle verstom om te sien hoe meer as honderd etnisiteite saam aanbid in vrede en Christelike liefde. Een kyk na ons koor bevestig dit. Die pastore van Alabama het dus die Times Square Church gekontak en my gevra om in Selma te kom praat en ons multinasionale koor saam te bring.

Die evangeliese saamtrek in Selma was stampvol, die boodskap wat God vir my gegee het om oor te dra was kragtig, en dit het gelyk of daar werklik ‘n deurbraak was.

Maar toe die gemengde groep wit en swart pastore in die huis van 'n vooraanstaande uitgaande persoon in Selma vir 'n ete bymekaargekom het, het die wit pastore egter in die elegante eetsaal geëet en die swart pastore op die afgeskermde stoep.

Dit was asof niemand die boodskap gehoor het nie. Hulle het dit eenvoudig daar agtergelaat toe hulle die ouditorium verlaat het. Ek was geskok oor die sitplekreëling en het my bord uitgeneem stoep toe en by die swart pastore gaan sit. Dit, is vir my gesê, het ons wit, sosiale gasvrou aanstoot gegee.

Een les wat ek uit die evangelisasie-saamtrek in Selma, Alabama geleer het, was dat daar ‘n behoefte bestaan aan geestelike ontwaking en eenwording in ons eie agterplaas in die Verenigde State. ’n Pastoor wat ek van Rwanda ken, sou dit alles gehoor het en sy kop geknik het. Ek kon hom amper hoor sê: “Sien jy? Preek en sing sonder om die Woord in mense se harte te skryf, en die ou euwel kom terug.”

Dink aan wat die Skrif sê: “Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding ten gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid” (Efésiërs 4:20-24).