Doen Moeite om te Groei

Jim Cymbala

Ek onthou hoe ek Saterdagoggende toe ek jonk was die sneeu van die basketbalbane afgeskep het. Ek het pas 'n paar nuwe bewegings geleer en ek het goed gevaar, maar ek moes die “crossover” beter doen. Ek moes 'n bietjie beter “follow-through”. Ek sou 50 of 75 “foul shots” gooi. Jy moet altyd aanhou verbeter; jy hou nooit op nie.

Petrus praat oor hierdie mentaliteit in ons geestelike lewe. “En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug, die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie” (2 Petrus 1:5-8, AFR53).

Ons het reeds geloof, maar dit sê vir ons om elke poging aan te wend om dit by ons geloof te voeg. Sover ek kan uitmaak, is daar geen spesiale orde aan hierdie eienskappe nie; maar hy sê dat dit goddelike eienskappe is wat die Gees in ons laat groei. Nie net dit nie, Petrus het gesê: “Voeg daarby.”

Hierdie verse sê ook vir my dat jy 'n Christen kan wees en oneffektief kan wees omdat jy nie groei nie. Jy het 'n punt in jou Christelike lewenswandel bereik en gedink: "Goed, ek het dit gemaak. Ek ken die Bybel goed genoeg. Ek sal hier ophou.” Jy kan nie. Die oomblik wat jy probeer ophou, gaan jy agteruit. Moet ook nie tevrede wees om net sterk te wees op een gebied nie. Sommige mense is goed om te gee, maar hul humeur is buite beheer. Ander mense ken hulle Bybel baie goed; hulle is toegewyd aan die Skrif, maar hulle is suinig en glad nie vrygewig nie.

Dit is hoekom Petrus gesê het hy moet alle ywer aanwend om te groei! Hier is nou die geheim. God moet alles in ons doen, maar ons moet alle ywer aanwend. Onthou: “Want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6). God seën nie mense wat nie na Hom uitreik nie.

Kom ons sê: “God, gee my genade. Ek wil meer hê. Ek het 'n bietjie wysheid wat U vir my gegee het; Ek will meer hê. Ek het geleer om te bid, maar ek wil dit beter doen. Help my om alles in my vermoë te doen om te groei en by te voeg by dit wat U reeds vir my gegee het.”