In ‘n Vegtende Bui

David Wilkerson (1931-2011)

Esau was eerste gebore, ‘n baba vol hare (sy naam beteken “harig”), maar sy tweeling boetie Jakob, het sy hakskeen gegryp terwyl hy in die baarmoeder was. Wat ‘n skok moes dit vir die vroedvrou gewees het toe sy Esau sien uitkom met ‘n klein handjie wat sy hakskeen vashou!

“Die HERE het ook ‘n twis met Juda, en Hy sal oor Jakob besoeking doen volgens sy weë, hom vergelde na sy dade. In die moederskoot het hy sy broer by die hakskeen gebou, en in sy manlike krag het hy met God geworstel” (Hoséa 12:3-4, AFR53).

In hierdie baie kort gedeelte oor Jakob, som die profeet Hoséa op hoe om te oorwin en agting by God te hê. Sy boodskap was: “Hier was ‘n man na God gesmag het en  alles wat God vir hom gehad het, begeer het”. Jakob het uit die baarmoeder gekom in ‘n vegtende bui terwyl hy die seën van God begeer het. Daar was iets van ‘n goddelike instink in hierdie kind. Dit was asof hy gesê het: “Broer, as jy nie die volheid van God wil hê nie, ek wil. Gee pad voor my. Ek sal nie nagelaat word as dit kom by God se seën nie”.

Die geboortereg en seën van Jakob se begeerte dwarsdeur sy lewe, verteenwoordig al die seëninge wat in Christus Jesus is. Uiteindelik was dit nie die dubbele deel van sy vader se rykdom wat Jakob wou hê nie en ook nie die belofte van die land nie. Nee, Jakob wou iets meer gehad het. Hy wou die seën van God hê sodat hy in die bloedlyn van die Messias kon wees, en hy wou die priesterlike seën hê. Dit het nie net beteken om die priester van die familie te wees nie, maar ook om andere te kan seën.

Ons sien hierdie priesterlike boodskap dwarsdeur Génesis 27, asook toe Isak hande op Jakob gelê en hom geseën het: “...dat u siel my kan seën” (Génesis 27:19). Dit beteken om die groot eer te hê van God se hand op hom en die mag om andere te seën.

Geliefde, dit is wat van gelowiges verwag word in hierdie laaste dae. God wil ‘n volk oprig wat nie begaan is oor slegs ‘n eie lewe te maak, ‘n huis te besit of ‘n mooi kar te ry nie. Hy soek hulle wat smag na die seën van God, nie om dit op hulleself te spandeer nie, maar om deur Hom gebruik te word om andere te help!