Nuwe Salwende Krag

David Wilkerson (1931-2011)

God laat jou beproewings toe omdat Hy jou “duiwel-vry” wil maak! Dit beteken nie dat jy nie weer aangeval sal word nie, maar jy sal geleer word om te staande te bly. Dit is alles deel van sy voorbereiding vir groter diens, groter salwing en uitgebreide bruikbaarheid in sy koninkryk.

Verder, is die Here besig om jou te versterk teen die duiwel se planne. Hy rig ‘n liggaam van gelowiges op wat teen die duiwel te staan gekom het, wat teen hom versterk is, wat sy planne ken en nie vir hom bang is nie. God sê: “Wanneer jy verstaan waarom jy hierdeur gaan, sal jy al die grond terugneem wat jy verloor het. Jy sal weer in beheer wees deur die krag van die Heilige Gees.”

Toe Elia se beproewing verby was (sien 1 Konings 19), wou hy nooit weer weghardloop nie. Hy het nou ‘n sin van rigting gehad en hy was verseker in sy gees. God was op die punt om hom na volke te stuur om konings, leiers en profete op te rig.

God het vir Elia gesê: “Gaan terug op jou pad...en gaan heen en salf Hasáel as koning oor Aram. En Jehu...moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa...moet jy salf as profeet in jou plek” (1 Konings 19:15-16, AFR53).  Elia was ‘n nuwe salwingskrag gegee. Hy was weer in beheer. “Hy het toe daarvandaan weggegaan” (1 Konings 19:19). Elia het uit die spelonk gekom om God se wil te doen. Dit was nie nodig dat hy ‘n rivier van trane stort nie. Nee, hy het eenvoudig die Woord van die Here gehoor.

Geliefde, die enigste houvas wat die duiwel op jou kan hê, is vrees, en jy moet dit met geloof afskud! Jy moet sê: “Ek gaan nie onder nie. God gaan my ‘n nuwe salwing uit die hemel gee. Hy gaan my gebruik.”

Glo jy dat God nie klaar is met jou nie, dat Hy jou leer en oplei vir beter dinge? Hy wil met jou praat in jou spelonk van moedeloosheid. Hy wil vir jou sê wat om te doen en waarheen om te gaan, en Hy wil jou uithaal. Staan op van jou wanhoop en skud af die band van vrees en depressie! Gaan uit jou spelonk uit. Jy sal ontdek dat die oomblik wat jy opstaan en uitstap, sal die salwing vloei.