Geniet Sy Geselskap

David Wilkerson (1931-2011)

in Exodus 24 het God 'n verbondsooreenkoms met Israel gesluit. Hy het deur die hele Ou Testament belowe: “Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees” (Jeremia 7:23, AFR53). Nadat Moses die wet aan die volk voorgelees het, het hulle geantwoord: “Ons verstaan en ons sal gehoorsaam wees”.

Hierdie verbond moes verseël word – bekragtig en geldig gemaak word – en dit kon slegs gebeur deur die bloed daarop te sprinkel. Hebreërs sê vir ons dat “[Moses] die bloed .... geneem het … en die boek self en die hele volk besprinkel” (Hebreërs 9:19).

Die vergote bloed van die brandoffers was in 'n waskom opgevang. Moses het van hierdie bloed geneem en 'n deel daarvan by die altaar uitgegooi; toe het hy 'n hisop (plant) geneem, dit in die waskom gedoop en van die bloed op die twaalf pilare (wat die twaalf stamme van Israel verteenwoordig) gesprinkel. Uiteindelik, het Moses die hisop in die waskom gedoop en die bloed op die volk gesprinkel, wat die verbond verseël het. 

Dit is duidelik dat die besprenkeling van die bloed die Israeliete met vreugde volle toegang tot God gegee het. By hierdie geleentheid het dit niks te doen gehad met vergifnis van sonde nie maar eerder met gemeenskap. Hulle was nou geheilig, gereinig en geskik om in God se teenwoordigheid te wees.

Moses en die sewentig ouderlinge het op die berg gegaan om God te ontmoet, waar die Here aan hulle verskyn het. Hierdie manne het 'n tafel voor hulle oopgesprei gesien, en die Skrif dui daarop dat hulle met gemak, vertroosting en geen vrees vir oordeel voor God se teenwoordigheid gesit en saam met Hom geëet en gedrink het: “Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink” (Exodus 24:11).

Dit is eenvoudig fenomenaal. Hierdie manne kon in die teenwoordigheid van God eet en drink, terwyl hulle kort tevore vir hul lewens gevrees het. Die bloed is gesprinkel, en hulle het die veiligheid, krag en sekuriteit daarvan verstaan. Hulle het geen vrees gehad nie!

Geliefdes, vandag is ons in 'n nuwe verbond met Jesus Christus, 'n verbond verseël deur sy eie bloed. Wanneer sy kosbare bloed op jou siel gesprinkel word, is dit vir die doel van gemeenskap sodat jy met vrymoedigheid – met gemak, sonder vrees vir oordeel – in God se teenwoordigheid kan gaan. Jy word toegang tot Hom gegee, sonder dat sonde jou veroordeel, vry om met God te praat en sy geselskap te geniet.