Die Ware Geestelike Diepreiniging

John Bailey

Kort nadat ek met my vrou, Crista, getrou het, het ek probeer om haar te verras deur die huis skoon te maak terwyl sy gaan inkopies doen het. Ek is geneig om goed met visie te wees, selfs organisasie. My aandag aan klein besonderhede, ontbreek egter.

Crista het by die huis gekom, om haar rondgekyk en toe hoflik gesê: “Dankie dat jy die huis skoongemaak het. Kom ons neem ‘n oomblik en ek sal vir jou wys wat skoon werklik is”. My nuwe bruid het die rubberhandskoene, Clorox reiniger, Windex, emmers, moppe, en skropborsels uitgehaal. Kom ons sê het ek het ‘n openbaring gehad oor die verskil tussen ‘n oppervlakkige skoonmaak en ‘n “diep” skoonmaak. Dit is hartseer dat ons ook baie van ons energie as gelowiges gebruik om oppervlakkig skoon te maak as ons ‘n diep skoonmaak nodig het.

Daar behoort geen groter kulturele rewolusie te wees as wanneer ‘n man of vrou tot geloof in Christus kom nie. Lewe in die koninkryk van God moet ‘n volkome verandering in waardes, lewenstyl en prioriteite wees. Ons verloor nie ons Godgegewe individualiteit in die proses nie, maar die verandering in ons denke en karakter sal fenomenaal wees. Die Gees begin diep reiniging en gemakstoele word geskuif; kaste word leeggemaak; en pynlike geskrop volg daarop. Waarvoor ons leef verander. Wat ons van waarde ag verander.

Soos Paulus aan die eerste gelowiges geskryf het: “Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes” (Kolossense 1:13-14, AFR53).

As Christene is ons ver te tevrede om ‘n kort dagstukkie elke oggend te lees, mense na ons kerke te bring en ‘n geldjie in die kollektebordjie te gooi. Die laaste opdrag van Jesus is egter om na die nasies en dissipels te maak (sien Matthéüs 28:19). Die opdrag is nie om ‘n groot gevolg te hê op sosiale media of om gerespekteerd te wees in ons werkplekke nie. Ek is dankbaar hierdie dinge gebeur, maar ons besigheid as gelowiges is om weg te draai van ons sonde en na Jesus toe te draai, om dissipels te maak en om alles te leer wat Christus gespreek het.

Die Westerse Christen kultuur smag vna Bybelse outentisiteit gevorm deur lewende dissipels en die pad na daardie soort lewe is Bybelse bekering. Daardie soort ware groei en lewe gebeur slegs as gelowiges verander word deur die evangelie, wat beteken dat ons nuutgeboorte beleef en verander word na Christus se karakter. Dan en slegs dan, sal ons werklik ons gemeenskappe en die wêreld op ‘n kragtige manier vir God se koninkryk beïnvloed.