God en Sy Weë is Regverdig

Gary Wilkerson

A. W. Tozer het gesê dat elke probleem wat ons beleef eintlik 'n teologiese probleem is. Vreemd, is dit nie? ‘n Mens sou dink dit sou 'n sielkundige, emosionele of fisiese probleem wees. Ek stem egter saam met Tozer; die kern van die meeste van ons probleme is teologies.

Teologie dikteer nie net ons gedrag nie, maar dit definieer die kernwaardes van ons lewens. Ons gedrag, optrede, wil en emosies spruit daaruit. As ons nie verstaan dat God 'n God van genade is nie, dan sal ons met veroordeling, skuld en skaamte lewe. As ons nie verstaan dat Hy 'n God van heiligheid is nie, kan ons uiteindelik 'n gekompromitteerde lewe lei omdat ons voel Hy is nie besorgd oor ons nie en dat ons lewens nie belangrik genoeg is nie. As ons nie glo dat God billik en regverdig is nie, is ons sonder rigting soos vere wat in die wind rond waai.

Regverdigheid is 'n subjektiewe woord vir mense, maar nie vir God nie. Wat God doen is regverdig, maar dit kom ook uit die geregtigheid van sy karakter. Dit is die arbiter, die rooi lyn, die laaste woord van geregtigheid in die hele heelal. Hy is regverdig; daarom is Hy onpartydig. Hy is nie-diskriminerend. Hy sien die lewe nie soos ons mense dit sien nie, want as die oorsprong van alles is Hy buite tyd en ruimte.

Daar is geen buite-reël waarop God moet let en nakom nie. Hy is eerder die reël. Met ander woorde, wanneer God iets doen, word dit regverdig omdat Hy geregtigheid definieer—Hy is geregtigheid. Wat Hy ook al wil doen, word 'n regverdige aksie op sigself. Dit is seker die mees algemene en ernstigste probleem wat mense met God het. Ons meet Hom aan ons menslike persepsie van Hom eerder as om te verstaan dat Hy die maatstaf is waaraan alles en almal gemeet word.

Selfs op die beste van ons eie intellek of ervaring, “sien ons deur `n spieël in `n raaisel” (1 Korinthiërs 13:12, AFR53). Daar is egter hoop buite ons swak vermoë om te verstaan! Om onsself te laat gaan en tyd saam met God deur te bring is die supermagte wat vrede gee.

Hoe nader ons aan God kom, hoe meer begryp ons Hom en die feit dat Hy volkome betroubaar is. Eerder as om teen Hom uit te vaar omdat Hy nie aan ons verwagtinge voldoen nie, leun ons op en rus in Hom. Hy is volkome billik en regverdig en goed, en sy liefde vir ons is onbeperk.