God Ken Al Jou Hartseer

David Wilkerson (1931-2011)

Herinner jouself daaraan dat God presies weet hoeveel jy kan verdra en dat Hy sal nie toelaat dat jy 'n breekpunt bereik nie. Ons liefdevolle Vader het gesê: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan verdra” (1 Korinthiërs 10:13, AFR53).

Die ergste soort godslastering is om te dink dat God agter al jou seer en pyn is, dat dit die hemelse Vader is wat jou hard straf, dat God dink jy het nog een of twee keer se gebroke harte nodig voor jy gereed is om sy seëninge te ontvang. Dit is nie so nie!

Dit is waar dat die Here diegene wat Hy liefhet, tugtig, maar daardie tugtiging is net vir 'n seisoen en dit is nie bedoel om ons te breek nie. God is nie die outeur van verwarring in jou lewe nie. Die vyand probeer ons dikwels deur ander mense seermaak, net soos hy probeer het om Job deur 'n ongelowige vrou seer te maak.

Jou hemelse Vader waak oor jou met 'n onwankelbare oog. Elke beweging word gemonitor; elke traan word opgevang. Hy voel al jou hartseer en Hy weet wanneer jy aan genoeg teistering van die vyand blootgestel was. Hy stap in en sê: "Genoeg!" Wanneer jou pyn jou nie meer nader aan die Here trek nie en eerder jou geestelike lewe begin afgradeer, tree God in. Hy sal nie toelaat dat een van sy kinders wat Hom vertrou, ondergaan weens te veel pyn en angs in hulle siel nie.

God sal jou vir 'n rukkie uit die stryd lig. Hy sal nooit toelaat dat jou hartseer jou verstand vernietig nie. Hy belowe om net betyds te kom om jou trane af te vee en jou vreugde in die plek van weeklaag te gee.

God se Woord sê: “U het my weeklag vir my verander in ‘n koorsdans; U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U” (Psalm 30:12-13). God sal ons harte versterk terwyl ons deur lyding gaan en Hy sal ons rede gee om te juig oor sy glorierye krag op die regte tyd.