God Vertrou in die Goeie Tye

Gary Wilkerson

“En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon” (2 Korinthiërs 12:9, AFR53).

Hoe dikwels in jou lewe het jy al net jou kop in desperaatheid gebuig en gesê: “Here, asseblief, help my. Asseblief.” Ek het dit al honderde kere gedoen, of waarskynlik duisende kere. Gedurende daardie tye was daar soveel vrees, soveel onbekend, dat ek niks anders kon doen as om die noodrem te aktiveer nie.

As ons maar net kon verstaan dat die geen-krag-oor oorgee van al ons vermoëns, presies is waar God ons in die eerste plek wou gehad het. Wanneer ons in ‘n toestand van sulke swakheid is dat ons nie eers ‘n behoorlike gebed kan formuleer nie, is ons einlik op ‘n plek van groot belofte. Dit is waar God ons die beste kan help.

Ek wens ek het hierdie superkrag van hulpeloosheid geleer toe ek jonk was. Ek sou soveel meer vrede en selfvertroue gehad het. Ek sou meer geloof, meer innerlike krag en meer genade vir ander gehad het as ek werklik besef het dat alles van God af kom. My taak as sy kind is bloot om saam met Hom te stap, op Hom te steun, die Bybel te gehoorsaam en te vertrou dat Hy altyd vir my en my geliefdes sal sorg. Dit is om tevrede te wees al kan ek nie verder as die hoofligte sien nie. 

Die Here se woorde “My krag word in swakheid volbring” moet letterlik opgeneem word. Wat 'n konsep! Normale denke sê: "Ek moet desperaat raak voor God, anders sal Hy my nie ernstig opneem nie". God sê: "Ek neem jou ernstig op wanneer jy van jouself vergeet en na My toe uitreik."

Dink aan 'n spesifieke tyd toe jy uit opsies was en heeltemal op God moes steun. Onthou jy die gevoel? Dit is waar God verlang dat ons elke dag moet wees, om te lewe met 'n vlak van vertroue wat erken: "U alleen is in beheer, en ek vertrou U sonder voorbehoud." Spreuke sê: “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý sal jou paaie gelyk maak” (Spreuke 3:5-6). Daar is geen beter raad en geen groter belofte nie: “Vertrou My heeltyd, vir alles. Ek sal vir jou sorg."