God Wat Die Onmoontlike Doen

Claude Houde

In Quebec, groei kerke teen ‘n pas wat nog nooit tevore gesien is nie. Wat God op ander plekke in die wêreld doen, doen Hy ook in ons land. Ons dank die Here vir die herlewings in ons geskiedenis en die wonderlike getuienisse wat uit alle dele van die wêreld kom, maar ons glo dat die potensiaal vir God om iets nuuts te doen, selfs groter is.

Een van ons onlangse kerkplantings het plaasgevind in die hartjie van Montreal saam met Pastoor David Pothier en ‘n span passievolle leiers wat vurig oortuig is van die eksponensiële potensiaal van die evangelie en die kerk van Christus.

Vir sewe jaar, was Pastoor David die pastoor van Impact Jeunesse, die bediening van jong volwassenes in New Life Kerk. Daar was hy omring deur ‘n geestelike atmosfeer van “Ons het nie geweet dit was onmoontlik nie, toe doen ons dit!”

Na voorbereiding vir ‘n taak van geloof met gebed en vas, het Pastoor David en honderde mense van ons kerk gereageer op God se oproep om La Chapelle te stig in een van die opkomende buurte in Montreal, ‘n stad met een van die laagste persentasies van evangeliese Christene in die wêreld. In skaars drie jaar, het La Chapelle die grootste Franssprekende kerk in hierdie metropolis geword. Honderde is gedoop. Die leiers het ‘n multi-terrein kerkvisie met menigvuldige byeenkomste op verskillende kampusse.

Van Paulus se briewe aan die vroeë kerk 2,000 jaar gelede, tot by die donker en besige strate van Montreal, tot by ek en jy vandag. God se potensiaal is onveranderlik en onbeperk vir diegene wat Hom in hulle lewens innooi. Vir my is hierdie dinamika nie teoreties nie, maar baie werklik. Die transformerende impak daarvan is tasbaar en meetbaar. Na meer as drie dekades as ‘n pastoor, het ek manne en vroue van alle ouderdomme, kulture en agtergrond gesien ‘n potensiaal in ‘n nuwe lewe ontdek wat onbekend aan hulle was voor die oomblik wat hulle besluit het om hulle tot God te bekeer en besef het wie Hy is en wie hulle kon word in Jesus Christus. Ek nooit jou ook uit op ‘n avontuur van geloof, ontdekking, ontwikkeling en bestemming. Mag God ‘n werk op elke bladsy van jou hart doen.

“Omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” (Filippense 1:6, AFR53).