Gary Wilkerson

“Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Psalm 2:1-3, AFR53).

Let op wat die psalmdigter sê oor die leiers van nasies. “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad...” (Psalm 2:2).

Vandag sien ons iets soortgelyk waar leiers hulle teen die Here verset met regulasies en mandate wat godsdiensvryheid beperk of selfs boosheid instel. Sommige lande wil ontslae raak van alle publieke melding van God se Naam en geloof beperk tot private uitdrukking.

“Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp” (Psalm 2:3). Die toonbeeld hier is van iemand wat probeer losbreek van verskriklike slawerny. Wat onderliggend aan daardie begeerte is, is egter ‘n begeerte om vry te wees van alle beperkinge wat bloot met God se wet begin.

Hier is die goeie nuus: Die hele wêreld mag woed, maar God sal sy kans kry. Hoe verskriklik die wêreld ook al te kere mag gaan, God verdra dit geduldig. Wat is sy reaksie op al die skreeuende stemme wat Hom teëstaan? Die psalmis het geskryf: “Hy wat in die hemele woon, lag; die Here spot met hulle” (Psalm 2:4).

God se gelag oor die nasies is nie dié van snaaksheid nie. Dit is gelag van bespotting. Die gedagte dat iemand God omverwerp, is belaglik. Hy lag bloot oor die ydelheid van so ‘n sameswering. Let op die woord “woon” in hierdie vers. Hoog bo alle menslike skelmstreke woon God met soewereine mag. Wat 'n kragtige teenstelling met diegene wat in die nietige setel van die spotters woon en wat teen Hom saamsweer en planne maak.

Terwyl die wêreld woed, loop die Here nie met kommer, angs of spanning rond nie. Hy woon net. Hierdie beeld dien om elke regverdige persoon wat bekommerd is oor die chaos wat die wêreld aangaan, gerus te stel. Die psalmis het in wese aangeraai: “Moenie jou vertrouende hart verloor nie. God is bo en oor dit alles”. Jy mag dalk gekwel word deur die wêreld se chaos, maar omdat Christus met jou in alles is, sal jy nie oorweldig word nie. Vertrou God in krisistye.