God se Militêre Buitepos binne-in Ons

David Wilkerson (1931-2011)

Petrus het gesê: “[Ons] wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd” (1 Petrus 1:5, AFR53). Ek sien hierin ‘n profesie dat God in hierdie laaste dae weereens sy beskermende krag aan sy kinders openbaar.

Christus het tot die Vader gebid rakende sy dissipels: “Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word” (John 17:12). Die dissipels was bewaar deur ‘n magtige krag buite hulleself. Hulle kon dit nie een dag maak sonder Christus se beskermende krag nie.

Wat ‘n heerlike gebed het Christus gebid het om ons onthalwe! “Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar” (Johannes 17:15).

In die Grieks, is die wood “bewaar” baie sprekend. Soos dit in 1 Petrus 1:5, beteken dit “om ‘n militêre buitepos te vestig, om te bewaak, omring, beskerm met ‘n garnisoen, om ‘n fort op te rig met ‘n volle militêre linie, met volle militêre toerusting, om die vyand in die verte te bespeur en te beskerm teen gevaar.” Die Here is nie net ‘n sterk toring nie, maar Hy vestig ‘n volbemande militêre basis. Ons word eintlik ‘n kragtige buitepos met leërs van soldate en wapens gereed vir oorlogvoering en met ‘n uitkykpunt wat die aankomende vyand ver vooruit kan sien.

Jesus het gebid; “Dat U hulle van die Bose bewaar...” Die Griekse woord vir “bewaar” beteken “verlossing van die effek of invloed van enigiets sleg, onheilig, smartlik, skadelik, wellustig, kwaadaardig or boos” en “verlossing van Satan self en alles wat korrup of siek is.”

Sit dit alles bymekaar en dit klink amper te goed om waar te wees. Ons is God se militêre buitepos, beskerm deur ‘n volledig toegeruste geestelike leërmag in volle krygsdrag, volkome ingelig van alle vyandige planne en werktuie, heeltemal beskerm teen Satan en alle bose magte. Ons kan nou verstaan wat die Skrif bedoel as dit sê: “omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is” (1 Johannes 4:4).