Groot Genade sonder Einde

Gary Wilkerson

Daar is 'n frase wat ons Christene dikwels gebruik om  mekaar mee te troos. Ons sê: "God is soewerein". Dit bring wel troos, maar wat presies beteken dit?

Oor die algemeen dink ons dit beteken dat God in beheer is. Selfs wanneer woeste winde waai, ons lewens in 'n gemors is en ons vol vrees is, kan ons troos vind in die wete dat alles reg sal uitwerk. Hoekom? Want God groter en sterker is as die chaos en die storm.

Daar is meer. God is so multi-dimensioneel dat ons nie alles van Hom in tien leeftye sou kon verken nie. Hy is nie net in beheer nie; sy soewereiniteit deurdring alles wat lewe. Soewereiniteit is allesomvattend, wat beteken dat God se eienskappe ook so is. Hy is nie gedeeltelik genadig nie; hy is volkome genadig. Dink daaraan. Genade sonder einde!

As God nie soewerein was nie, sou Hy net gedeeltelik heilig of regverdig of genadig wees; maar Hy is nie 'n "soms" God nie. Hy is volkome regverdig, genadig en heilig.

Ek hou van hoe Easton se Bybelwoordeboek dit stel: "God het die absolute reg om alle dinge te doen volgens sy behae." Hy is nie onderworpe aan die grille van enigiemand of enigiets nie. Geen eksterne bronne kan sy hand dwing of iets vir Hom voorskryf nie.

Dink byvoorbeeld aan 'n tyd toe jy God se genade nodig gehad het. Jy het gevoel die hele wêreld is teen jou, en jy het gedink: “God sal nie hierdie keer aan my kant wees nie. Ek sal nie vergifnis of genade ontvang nie. Daar is geen pad terug nie, geen pad na herstel vir my nie.” Tog, daar is Hy, die God van genade, wat die deur vir jou wyd oopmaak. Ja! Hy het reeds 'n pad vir jou toekoms uitgelê en 'n briljante een daarby. Jy het 'n produktiewe, ryk lewe voor jou, geskep deur God self!

Klaagliedere herinner ons: “Sy barmhartighede het geen einde nie het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot” (Klaagliedere 3:22-23, AFR53). Daar word oor die algemeen gedink dat die profeet Jeremia Klaagliedere geskryf het. Wie is beter as 'n man wat God so intiem geken het om te verkondig dat die God wat ons dien sy genade oor ons uitstort van ons eerste asemteug tot ons laaste asem uitblaas?

“Maak dit vandag uit in jou hart” sê die Here. “My liefde, genade, heiligheid, raad, krag – alles wat Ek is, is volmaak en sonder einde. Ek is joune en jy is Myne. Kom na My toe!"